Local newsNews

AfriForum se #VegEnBou-week beveilig die Moot

Die kameraprojek werk deur middel van ’n Telegram-app waarop die gemeenskap en partye met mekaar verbind is en waar probleme aangemeld kan word.

AfriForum se onderskeie takke in die Moot het verlede week geswoeg en gesweet om die Magaliesberg tussen Slagtersnekstraat en 28e Laan te patrolleer.

Die onderskeie taakspanne van Oos- en Sentraal-Moot-takke het ook ’n skoonmaakprojek gehou waar hulle die plaaslike spruit skoongemaak het.

Die veldtogte was van stapel gestuur om die woongebiede veiliger en skoner te maak.

Tydens die #VegEnBou-week is ’n kameraprojek vir die gebied bekendgestel, terwyl slaggate herstel, paaie geverf en bome geplant is.

Paaie is voor Laerskool Villieria geverf om veiligheid van leerders te bekamp.

“Sowat 30 mense het aan die bergpatrollie deelgeneem,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die groter Pretoria-Noord-area.

“Dié patrollie is gedoen omdat misdadigers die berg dikwels as ’n ontsnappingsroete en wegkruipplek gebruik.”

Die onderskeie projekte vorm deel van AfriForum se #VegEnBou-week.

“Takke en gras is in die spruit gesny en rommel is opgetel.”

Steynberg sê verder dat die spruit gereeld skoongemaak moet word aangesien dit ook ’n groot veiligheidsrisiko in die area vir inwoners dien.

Diewe en sluipslapers maak gebruik van beboste gebiede.

Aan die begin van die maand het AfriForum se Wes- en Sentraal-Moot-buurtwagte ’n plan van aksie ingeoefen het sodat buurtwagte weet wat om te doen wanneer ’n voertuig gesteel word.

Tydens die #VegEnBou-week is veiligheids-oudits by vyf skole, laerskole Pierneef, Villieria, Wonderboom-Suid asook hoërskole Wonderboom en Tuine gedoen.

LEES MEER: Voortrekker Monument se toekoms lyk blink

Dié oudit word by skole gedoen om die veiligheid van onderwysers en leerders te verseker en om seker te maak dat die skool se ontruimingsprosedures en noodplanne in plek is.

Supplied

’n Terrein-inspeksie is ook tydens die oudit uitgevoer om swakpunte op die terrein aan die skoolbestuur uit te wys.

JP Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die groter Pretoria-Suid-area, sê hul organisasie wat die Afrikanerkultuur- en erfenis koester, skep hoop en ’n toekoms met die #VegEnBou-plan.

“Die gemeenskappe moet eienaarskap van hul gebiede neem en proaktief en selfstandig optree. Elke klein projek dra by tot die welstand en selfstandigheid van jou gemeenskap,” sê hy.

Werner Schultz, voorsitter van AfriForum se Sentraal-Moot-tak, sê die opknappingsprojekte is ’n spanpoging om die woongebied te verbeter.

“Dit is belangrik dat die gemeenskap hande moet vat en deel van die projekte word.

Slaggate in Oos-Moot is ook herstel.

“Dit is tot ons almal se voordeel as ons woongebied skoon en veilig is. Ons beoog om bome by laerskole soos Villieria en Pierneef te plant om ’n verskil te maak,” sê hy.

James Rough, voorsitter van AfriForum se Sentraal-Moot-buurtwag, sê die buurtwagte doen gereeld patrollies om sigbaarheid te verhoog en misdaad in die Moot te verminder.

As deel van die kameraprojek sal meer as 20 kameras op verskeie sleutelpunte binne en buite die gebied geïnstalleer word.

Volgens Ruan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Oos-Moot-buurtwag, is die kameraprojek geskoei op samewerking tussen die buurtwagte, die gemeenskap, ’n buite maatskappy en die SAPD.

Dit werk deur middel van ’n Telegram-app waarop die gemeenskap en partye met mekaar verbind is en waar probleme aangemeld kan word.

Op die app is dit ook moontlik om verdagtes of gesteelde voertuie te identifiseer en die inligting word tussen die polisie en die gemeenskap gedeel.

“Hierdie is ’n groot voordeel vir die Moot en dit maak ’n groot verskil om misdaad te bekamp.”

Tydens die week is meer as twee ton asfalt gebruik om sowat 36 slaggate in strate in Oos-Moot te herstel.

LEES MEER: Moot-inwoners bring verligting vir droogte-geteisterde gebiede

“Die slaggate is deur inwoners op die AfriForum-Bot se Telegram-app aangemeld,” sê Nel.

Strate rondom Laerskool Villieria het ook ’n nuwe laag verf gekry om die veiligheid van leerlinge wat daagliks die pad gebruik, te verseker.

“AfriForum skep hoop en ’n toekoms met ons #VegEnBou-plan. Elke klein projek dra by tot welstand en selfstandigheid vir jou gemeenskap,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord-area.

’n Skoonmaakveldtog word ook eerskomende Saterdag by die spruit tussen 28e- en 32e lane gehou en die gemeenskap word uitgenooi om te kom help.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button