Só lyk vandeesmaand se sypaadjie-kampioen
Al die wenners se name word in Desember in 'n hoed gegooi waar 'n buite-beoordeelaar die amptelike wenner van die jaar sal aankondig.
Vandeesmaand se sypaadjie-wisseltrofee is Woensdag aan inwoner Louis Fourie van Venterstraat in Capital Park oorhandig.
Dié wisseltrofee het egter vir die laaste keer vir 2020 ’n staanplek gekry met dié dat ’n algehele wenner in Desember aangekondig gaan word.
Die inisiatief van die kompetisie is deur Caprra (Capital Park Residents and Ratepayers Association) en Real One Real Estate op die been gebring.
Fourie noem dat dit ’n groot eer en voorreg is om hierdie trofee te ontvang.

“Ek hou daarvan om my sypaadjie skoon en netjies te hou. Dit skep ’n goeie indruk vir die res van die inwoners in die omgewing.
“Ek is gevlei en ek is trots om te kan sê dat die wisseltrofee voor mý sypaadjie spog,” sê Fourie.
Fourie sê verder dat dit is hoe hy grootgemaak is, om alles rondom hom netjies te hou.
“Dit is vir my belangrik om vir my medemense, die inwoners wat daagliks in die omgewing ry, ’n goeie voorbeeld te wees.”

Caprra se Michael Burt het die trofee aan Fourie oorhandig.
Sedert Januarie, is daar 11 sypaadjie-wenners aangewys. Al die wenners se name word in Desember in ’n hoed gegooi waar ’n buite-beoordeelaar die amptelike wenner van die jaar sal aankondig.
“Dit gaan nie ’n maklike taak vir die beoordeelaars wees om ’n wenner aan te wys nie. Die beoordeelaarproses gaan stram wees,” sê Burt.
“Van Caprra se kant af, wil ons graag dankie sê aan almal wat agter die skerms werk om die kompetisie suksesvol aan te bied.
“Ons wil inwoners van Capital Park aanmoedig om volgende jaar weer aan die kompetisie deel te neem om sodoende ons woonbuurt ’n netjieser en skoner plek te maak en met trots te kan sê dat ons hier woon,” sê hy.
“Baie geluk aan al die wenners en ons wens julle alle sterkte toe.
Donne-li Johnson, ’n huisagent van Real One Real Estate, het deur die loop van die jaar die die strate van Capital Park platgery om die erf met die netjiese sypaadjie te kies.
“Vanjaar se prys gaan ’n goot verrassing wees,” vertel sy.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
