AdvertorialBusinessNews

Onskoopjoukar vier hulle sewende bestaansjaar

Vir OKJK se eienaars is dit ’n voorreg om persoonlik na jou toe te ry, ’n offer te maak en al die papierwerk te hanteer. Hulle doen ook die betaling onmiddelik. Dit is veilig, maklik en so lekker vinnig.

Dan en Daryl van OnsKoopJouKar het mekaar as klein kaalvoet seuntjies in 1996 ontmoet. Hulle ken mekaar al so lank, hulle is soos broers.

OnsKoopJouKar het hierdie jaar hulle sewende bestaansjaar gevier en al duisende karre suksesvol aangekoop. Om dit in Afrikaans te doen, en mense in hulle taal te help, is vir hulle belangrik.

Dan: “Die gunsteling deel van hierdie besigheid is beslis al die mense wat ons ontmoet. Almal het ’n storie oor hulle karre te vertel. Soms snaaks, nou en dan hartseer, en so los elkeen se storie ’n merkie op ons harte. Ons drink gereeld koffie saam oumas en oupas wat heimwee kry oor die jare se goeie herinneringe met die kar.

Van babas by die hospitaal oplaai tot kinders universiteit toe ry. Ons kry die mense wat feesvier oor ’n nuwe motor, maar tog ’n traan pik as ons met die ou kar wegry. In hierdie moeilike tyd, is daar ook die wat uit nood hulle voertuig moet verkoop. Soos ek sê, elke transaksie is ’n persoonlike een. Karre is altyd deel van mense se lewensstories.”

Vir OKJK se eienaars is dit ’n voorreg om persoonlik na jou toe te ry, ’n offer te maak en al die papierwerk te hanteer. Hulle doen ook die betaling onmiddelik.

Dit is veilig, maklik en so lekker vinnig. Kontak hulle gerus as jy belangstel om jou voertuig te verkoop of selfs as jy weet van iemand.

Vir ’n suksesvolle verwysing, kry jy R2500!  Die kontakbesonderhede is as volg:

Telefonies kan jy met Daryl gesels by 0766869605, of stuur epos na info@onskoopjoukar.co.za of gaan vul die aanlynvorm in by https://onskoopjoukar.co.za/aanlyn-vorm/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button