Local newsNews

Onlangse afsterwe van Affie-leerder wat as die ‘rooikop-rissiekind’ onthou sal word

"Affies onthou hom met mooi herinneringe. Hy was as kontrabasspeler 'n gewaardeerde lid van die Affie-orkeste."

’n Gedenkdiens word Saterdag 21 November gehou vir ’n graad-10 leerling van die Afrikaanse Hoër Seunskool, Harry van Tonder, by die kerk oorkant die skool, Oos-Kerk. Van Tonder is in die vroeë oggendure van 12 November oorlede. Sy ma, Michelle van Tonder het Donderdagoggend die hartverskeurende oproep ontvang om haar in te lig oor haar seun se dood deur die loop van die nag. Harry het by sy pa, Lourens van Tonder, op ’n plaas in Cullinan, net buite Pretoria gewoon.

Harry van Tonder. Foto: Facebook/Afrikaanse Hoër Seunskool – Affies

“Lourens het my net na 06:30 geskakel en vir my gesê dat Harry oorlede is. “Ek en Harry se ouer broer, Luan het onmiddelik van Magalieskruin deur gery. “Hy was ons rooikop-rissiekind,” vertel Michelle. “Hy het diep spore in soveel mense se harte getrap. My kind het ’n goeie hart gehad,” sê sy. Harry was ’n ernstige epilepsie lyer. “Ons vermoed dat sy hart gaan staan het. Sy pappa het omtrent die hele dag by hom gelê. Ons harte is baie seer. “Maar ons Vader het geweet dit is tyd om ons seun te kom haal,” sê Michelle. Affies het hulle innige simpatie met die ouers, broer, familie en vriende betuig. “Affies onthou hom met mooi herinneringe. Hy was as kontrabasspeler ’n gewaardeerde lid van die Affie-orkeste,” het ’n plasing op Affies se sosiale media-platform gelui. Van Tonder was voorheen by Laerskool Magalieskruin. Hoof van Laerskool Magalieskruin, Dr. Carolien van Heerden, sê dat dit die nuus oor Van Tonder se afsterwe ’n groot skok vir die Gallie Goggas was. “Harry was ’n pragtige seun gewees. “Hy was ’n positiewe seun en het goeie werk gelewer. “Ons is saam met die familie hartseer en ons deel ons innige simpatie saam met die familie en die wat hom geken het,” het Van Heerden gesê. https://youtu.be/aOq7mGsTMH0             Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114. For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button