AdvertorialLifestyleNewsSponsored

Natuurlik verfris met Vullers

Hoor jy gereeld jy lyk vies of moeg, terwyl die lewe ‘n lied is, en jy ‘n goeie nagrus gehad het?

In ‘n moderne wêreld van virtuele kommunikasie en aanlyn vergaderings, word daar meer en meer klem gelê op die vertoning van jou gesig.  Daar word gesê jou voorkoms en houding is van die eerste dinge wat iemand sien, en daarna jou glimlag en oë. Jy self kyk nie meer net na jou spieelbeeld nie, maar sien wat ander sien, en dit mag wees dat jy nou ‘n paar imperfeksies raaksien.

Om te belê in jou voorkoms kan verander hoe ander jou ervaar en behandel, asook om ‘n meer selfversekerde weergawe van jouself aan die wereld uit te straal.

Wat is MD Codes™?

Braziliaanse plastiese chirurg, Dr Mauricio de Maio het die MD Codes tegniek ontwikkel. Oorspronklik het die tegniek bestaan uit die strategiese plasing van vullers in 8 punte op die gesig, om die voorkoms van jou gesig op ‘n natuurlik manier op te kikker. Vandag het die tegniek uitgebrei na 20 punte deur volume en struktuur aan die gesig te gee wat direkte en indirekte resultate lewer.

MD Codes™ is ontwikkel om bewustheid te skep in dat elke estetiese gesigsaspek (bv ken, neus, lippe ens) opgemaak is van sub-aspekte wat inaggeneem moet word tydens die estetiese behandeling. Hierdie sub-aspekte (MD Codes™) is die strukturele punte wat die mees gesogte, natuurlike gesigsargitektuur vir die pasient sal verskaf.

Wat maak die MD Codes behandeling anders?

MD Codes verskil van ander gesig behandelinge deur dat dit elke komponent van die gesig soos lippe, wange en ken in ag te neem. Dit help dokters om ‘n holistiese prentjie te vorm en sodoende ‘n beter resultaat te lewer.

Hoe affekteer MD Codes™ die pasient?

In ons sosiale en professionele verhoudings vind ons aanklank bymekaar deur die nie-verbale boodskappe wat ons uitstuur. Dit is hoe ons met die wêreld praat. Wanneer ons ons oë op onsself draai, fokus ons gewoonlik op die kleinste onvolmaaktheid wat ons in die vergrootglas sien. Dit lei na ‘n vals perspektief van hoe ons regtig lyk.

Dokters sien dit gereeld wanneer hulle met pasiente konsulteer. Wanneer gevra word wat hulle pla of wat hulle wil verbeter, sal hulle wys na ‘n lyn of ‘n vou op die vel wat hulle sien as hulle van vooraf na hulself kyk. Pasiente is gewoonlik onbewus dat dit nie die oorhoofse boodskap van die gesig sal verander nie. Dus, om slegs die lyntjie of die vou weg te neem gaan nie die gewenste resultate lewer nie.

MD Codesword gebruik om die areas van die gesig te identifiseer wat help dat ‘n mens minder nors, minder moeg en meer jeugdig lyk.

Hoe om te begin met MD Codes™:

Alhoewel die selfde proses gevolg word vir alle pasiente, werk die behandelingsplan volgens almal se individuele gesigskenmerke en natuurlike struktuur.

‘n Omvattende konsultasie moet gedoen word deur ‘n gekwalifiseerde dokter. Die dokter sal ‘n volledige plan bespreek, wat uit drie stappe bestaan; fundamentele veranderinge, afronding en verfyning. Dit sorg vir ‘n pro-aktiewe behandelingsplan wat begin met die werk wat die grootste impak sal maak. Afhangende van begroting kan pasiente dan werk op ‘n hanteerbare, stap-vir-stap oplossing.

Vir diegene wat ‘n nie-sirurgiese oplossing soek vir ‘n natuurlike, verfrisde voorkoms, bied Skin Renewal die MD Codesbehandling aan by al hulle klinieke landswyd

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button