Die Instituut vir Gehoor: DIE PRAKTYK
Die Instituut vir Gehoor vier op 1 Junie 2021 hul 28ste verjaarsdag!

Twee ten volle toegeruste oudiologie praktyke asook ‘n mobiele eenheid word beman deur 3 oudioloë en ‘n akoestikus wat sedert 1993 ‘n toegewyde diens aan die gemeenskap lewer.
ONS DIENSTE
- Volledige diagnostiese gehoortoetse
- Bespreking en aanbeveling van geskikte gehoorapparate
- Verskaffing van verskeie, nuutste tegnologie, gehoorapparaat-fabrikate.
- Diens van en verstellings aan alle tipe gehoorapparate
- Verskaffing van alle gehoorapparaat benodigdhede

MOBIELE-EENHEID
Ons mobiele-eenheid doen tuisbesoeke waar nodig, asook gereelde besoeke aan aftree-oorde waar dieselfde diens as by die praktyke gelewer kan word.
Ons is deel van HELPENDE HAND se HELP HOOR projek
- GRATIS- gehoortoetse
- GRATIS – passing van geskenkte gehoorapparate
GEMEENSKAPSDAG Op elke laaste Woensdag van die maand word die volgende by die praktyke aangebied:
- GRATIS siftingsgehoortoetse (geen kinders onder 18 jaar)
- EEN Pakkie batterye @ R30
- GRATIS mini-diens van gehoorapparate
WAT IS NUUT IN 2021?
Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons voortaan beskikbaarbaar sal wees om die volgende toetse by te voeg tot ons huidige dienste:
- Evaluasie van ouditiewe prosessering by kinders (7jr en ouer)
- Basiese duiseligheidstoetse


As deel van die Instituut vir Gehoor se verjaarsdagvieringe, kan die gemeenskap gedurende JUNIE op die uitkyk wees vir spesiale aanbiedinge.
Baie dankie vir u verwysings gedurende die jare.
Wees verseker van ons beste diens ten alle tye.
Groete Suné Ferreira, Menitsa Pretorius – Oudioloë
