Local newsNews

Tannie word 100 te midde van pandemie

Lede van die Reitz-stoeiklub, waar sy ook vir jare betrokke was, het haar geluk gewens.

Tannie Fransie Snyman het verlede Vrydag haar 100e verjaarsdag gevier.

Dié eeu-oue inwoner by Soetdoringaftreeoord in die noorde van Pretoria geniet nog haar goeie geheue en gesondheid.

“Sy is inderdaad baie geseënd,” vertel haar seun Casper Snyman. Te midde van die wêreldwye pandemie sê Casper is sy ma nog gesond en vol lewe.

“Behalwe vir ’n paar ‘oumens-skete’ is sy gesond en haar kop nog helder.”

Tannie Fransie is ’n bekende gesig in die noorde en was vir jare betrokke by die administrasie van Reitz-stoeiklub en Noord-Gauteng stoei.

Lede van die Reitz-stoeiklub het haar onlangs geluk gewens met dié mylpaal.

Casper sê sy ma en pa was meer as 50 jaar getroud toe sy pa in 2011 oorlede is.

Casper is een van Tannie Fransie se drie seuns, waarvan die jongste oorlede is.

Tannie Fransie is geseënd met vyf kleinkinders en agt agterkleinkinders.

Casper sê daar is geen resep vir só ’n hoë ouderdom nie.

“My ma sê dit is net genade.”

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button