Akteur sterk goed aan, sê hospitaal
“Hy is stabiel en reageer goed op voorgeskrewe behandeling.” Welbekende akteur en musikant Lieb Bester (72) sterk goed aan by Mediclinic Hart Hospitaal waar hy behandel word vir Covid-19.
Welbekende akteur en musikant Lieb Bester (72) sterk goed aan by Mediclinic Hart Hospitaal waar hy behandel word vir Covid-19. Só sê die kliëntediensbestuurder by die hospitaal, Maida Keese.
“Mnr Bester is tans ’n pasiënt by ons, waar hy behandeling ontvang vir newe effekte as gevolg van sy Covid-19 infeksie,” het Keese aan Rekord gesê.
“Hy is stabiel en reageer goed op voorgeskrewe behandeling.
“Mnr Bester bedank almal vir hulle goeie wense en gebede wat hulle vir hom stuur. “Vanuit sy hospitaalbed herhinner hy Suid-Afrikaaners om by die Covid reëls te bly van hande was, maskers te dra en sosiale afstand te hou.”
Familie het vroeër in ’n boodskap aan aanhangers gesê dat Lieb se nierfunksie erg aangetas is deur die virus.
“Lieb terug in hospitaal, sy niere funksioneer net 26% as gevolg van Covid,” het dié boodskap gelees.
*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
