Local newsNews

Covid eis die lewe van Renaissance se hoofleraar

“En as daar ooit ‘n tyd was waarin almal oor die toekoms wonder, dan is dit nou, en ons moet oomblik-vir-oomblik oordink wie ons is, en wat ons roeping is.”

Familie, vriende en gemeentelede van die Renaissance Geestelike Kerk Pretoria moes afskeid neem van hul geliefde hoofleraar toe hy verlede Donderdag oorlede is weens Covid-19.

Gedurende ’n virtuele gedenkdiens Sondag is die oorlede Dr. Abel Pienaar (52) bestempel as “die jong ketter-dominee van Skuilkrans wat diep spore in die Renaissance gemeente getrap het”. Die huldeblyk is gelei deur mede-leraar, Dr. Piet Muller.

Volgens Muller is Pienaar Donderdag oorlede nadat hy die Covid-19 virus opgedoen en nagenoeg twee weke in die Wilgers hospitaal deurgebring het.

Muller het gesê Pienaar het die NG-kerk op Skuilkrans ongeveer agtien jaar gelede verlaat en by die Renaissance Geestelike Kerk aangesluit, destyds onder leiding van Dr. Flip Schutte en Ds. Gert van Rensburg.

“Abel, ’n vry denker met ongelooflike intellektuele kapasiteit, is oorlede in die fleur van sy lewe. Hy is oorlede sonder dat hy eens sy nuutste boek, ‘Tau van Wakker Word’, onder oë gehad het. Dit het pas verskyn by Naledi-uitgewers.”

“Hy het ‘n baie geseënde huwelik geniet saam met sy vrou, Zelda, deur wie hy oorleef word, asook deur kinders en kleinkinders.”

Zelda het aan Rekord gesê haar “hart is in ’n duisend stukke,” en is nog nie gereed om daaroor te gesels nie.

In die huldeblyk het Muller gesê geen woorde kan die verlies aanspreek nie, en mense moet in hierdie tyd dankbaar wees dat hulle die ware Abel kon sien.

Hy het Pienaar se ouers geprys vir die jongman wat hulle grootgemaak het, “wat in die krag van sy oortuiging opgestaan het en ’n baken van lig geword het”.

Muller het gesê Pienaar het ontwikkel in ’n “rustige, denkende mens”. Voorts dat geliefdes en gemeentelede “in hierdie tyd van skok en trauma oor sy dood” terugkyk na die leraar se eerste praatjie wat hy vanjaar gelewer het, oor die verwagting van wat die jaar 2021 inhou.

“En as daar ooit ’n tyd was waarin almal oor die toekoms wonder, dan is dit nou, en ons moet oomblik-vir-oomblik oordink wie ons is, en wat ons roeping is.”

Muller het gesê Pienaar se motto was dat die kerk ’n veilige hawe is vir elkeen wat opreg soek. Dat hoewel die kerk in die verlede ’n tyd beleef het van “storm en drang, dit sedertdien net bly groei het in liefde en verdraagsaamheid”.

Pienaar het verskeie geestelike, filosofiese en religieuse boeke geskryf, waarvan onder meer “Saam opsoek na God”, “Die dans met God”, en “God se oë is blou”.

“Die dans met God”, is in 2015 op die Woordfees in Stellenbosch aangewys as die gewildste leefboekstyl.

Volgens Muller is die begrafnisreëlings nog nie gefinaliseer nie. Die huldeblyk kan besigtig word op YouTube.

* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.

Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button