Akademia stel bekende koordirigent aan
“Ek sien baie uit na die spesiale en kunssinnige oomblikke wat ons koor saam gaan beleef. Daar is iets ongelooflik wat gebeur wanneer ’n groep mense saamkom om een doelwit te bevorder. Naamlik, die skep, van skoonheid en betekenis.”
Akademia het onlangs bekroonde komponis en dirigent Franco Prinsloo as amptelike dirigent aangestel om hul wêreldklas-koor, te help verwesenlik.
Volgens Dr Desiree Muller, Akademia se studente-sakebestuurder, is koorsang een van die aktiwiteite waaraan studente kan deelneem as deel van dié unieke studente-ervaring by die instelling.
“Koorsang bied ontspanning en sosialisering, maar ontwikkel ook self-dissipline en intellektuele ontwikkeling. Boonop ontgin jy jou talente op ’n heerlike manier. Ons is opgewonde oor dié aanstelling. Hy is beslis een van die beste dirigente in die land.
“Hierdie droom van ’n wêreldklas Akademia-koor is een van die hartsprojekte van ons besturende direkteur, Marthinus Visser, en ook van myself.”
Muller glo dié koor gaan “nog baie vreugde aan die publiek verskaf”.
“Wat die koor uniek maak is dat beide personeel- en studentestemme saamgesnoer gaan word om talle gehore se hartsnare met optredes te roer.”
Prinsloo, wat “vanaf laerskool af betrokke is by verskeie kore”, vertel dat hy geweldig opgewonde is om hierdie rol by Akademia te vervul.
Hy sê dit is ’n ongelooflike eer om die amptelike koordirigent van die instelling se heel eerste koor te wees.
“Ek sien baie uit na die spesiale en kunssinnige oomblikke wat ons koor saam gaan beleef. Daar is iets ongelooflik wat gebeur wanneer ’n groep mense saamkom om een doelwit te bevorder. Naamlik, die skep, van skoonheid en betekenis.”
Hy glo dit is baie belangrik vir ’n hoëronderwys-instelling soos Akademia om ’n koor te hê.
“’n Koor bied aan studente ’n veilige gemeenskap waarbinne hulle hulself musikaal ten volle kan uitleef. Musiek raak deel van jou wese en dit skaaf en vorm jou.”
Prinsloo se visie vir dié koor, “is om ’n gemeenskap te skep waar sangers hulself vrylik, gemaklik en met passie kan uitleef”.
Hy sê die koor moet ’n tuiste bied waar studente “saam met die ander liefhebbers van koorsang hulself ten volle as mens kan uitleef en dit op ’n passievolle manier te kan deel met ander. Ek glo dat die koor een van hoogstaande gehalte sal wees wat altyd in diens van musiek sal staan”.
Prinsloo vertel hy het na skool musiek by die NWU se Potchefstroom-kampus studeer en ook by die Puk-koor betrokke geraak.
Daarna het hy sy “koor-vlerke na Pretoria gesprei, en in 2017 die Vox Chamber Choir gestig wat steeds presteer en sedertdien vyf CD’s uitgereik het.”
Prinsloo is ook te sien as aanbieder van lesings by internasionale koorkongresse en -feeste.
Muller benadruk daar “word beplan om onvergeetlike musikale ervaringe, sosiale aktiwiteite en natuurlik pragtige musiek, te skep”.
“Kooroudisies skop binnekort af en die publiek kan uitsien na ’n koor wat by allerlei seremonies en geleenthede gaan optree om Akademia se naam hoog te hou.”
*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
