Die vader van beeldhoukuns in Suid-Afrika vereer
Die aksie was ter herdenking van Van Wouw se afsterwe 76 jaar gelede op 30 Julie 1945.
Lede van FAK-Noord-van-die-Berg-Kultuurnetwerk, saam met onderwysers en leerlinge van Laerskool Anton van Wouw het Vrydag, die bekende beeldhouer Anton van Wouw se graf besoek.
Hulle het nie net die graf van die beeldhouer skoongemaak nie, maar ook ’n krans neergelê.
Die aksie was ter herdenking van Van Wouw se afsterwe 76 jaar gelede op 30 Julie 1945.
Daar is verlede week opgemerk dat Van Wouw se graf, in die Rebeccastraat-begraafplaas in Pretoria-Wes, in ’n haglike toestand is.
Die projek-organiseerder van FAK-Kultuurnetwerke in Gauteng, Barry Müller het by dié laerskool, wat na die beeldhouer vernoem is, gaan aanklop om Van Wouw se graf te gaan skoonmaak.
Hulle het dadelik ingestem om in te spring en ook om eer aan hulle naamgenoot te bring.
FAK-besturende direkteur, Dr. Danie Langner, sê dat Van Wouw een van die grootste Afrikaner-beeldhouers met sy werke, onder andere by die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein, Voortrekkermonument en Kerkplein was.
“Hierdie is ’n klein gebaar om erkenning aan een van ons grootstes te gee.”
In Mei 1958 het hierdie skool, toe nog bekend as die Nu-Muckleneuk Skool, aansoek gedoen om na die beeldhouer, Anton Van Wouw, vernoem te word, wat toe in September deur die Onderwysdepartement goedgekeur is.
Teen 1959 was daar selfs vier nasate van Anton Van Wouw as leerlinge in die skool.
Anthonie (Anton) van Wouw, wat op 27 Desember 1862 gebore is, was ’n Nederlandsgebore beeldhouer en ook die pleegpa van die bekende skilder Jacobus Hendrik Pierneef.
Van Wouw het op die ouderom van 28 jaar oud besluit om na Pretoria te verhuis.
Hier het die finansier Sammy Marks hom gevra om die Krugerstandbeeld, wat vandag nog op Kerkplein staan, te ontwerp.
In sy werke het hy gereeld die rowwe en emosionele kern van sy onderwerp vasgevang.
Een van sy belangrikste werke, is die figuur van ’n vrou wat deel uitmaak van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein. Hy het saam met Frans Soff gewerk in die skep van dié figuur.
Hy het ook die figuur van ’n vrou gemaak wat deel van die Voortrekkermonument in Pretoria is, ’n borsbeeld van generaal Christiaan de Wet, die standbeeld van Louis Botha in Durban en vele meer.
*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
