Local newsNewsSchools

Die verhoog is dié leerder se speelveld

Hy het sy verhoogdebuut op die ouderom van sewe jaar oud, as gaskunstenaar in die Atterbury-teater, gemaak.

Hoërskool Waterkloof se Heinrich Sutton is besig om die Suid-Afrikaanse musiekwêreld aan die gons te speel.

Dié 14-jarige het vanjaar meer as R70 000 prysgeld oor die afgelope jaar ingepalm.

Hy het sy verhoogdebuut op die ouderdom van sewe jaar oud, as gaskunstenaar in die Atterbury-teater, gemaak.

Heinrich neem vir die afgelope vier jaar, by Claudine van Breda, klavier.

Hy is vanjaar die algehele wenner van die senior afdeling van die Pretoria Eisteddfod; 11 trofeë vir onder andere die beste vertoning-uitvoering van ’n concerto; asook wenner in die afdeling van 13-14 jaar van die nasionale Philip H. Moore-musiekkompetisie.

Tydens die Groot Talent nasionale se instrument-afdelingkompetisie, waar hy saam met Nika Meiring ’n duet gespeel het, het hulle 100% behaal.

Verlede jaar het Heinrich se sussie, Nicole, die eerste plek met haar saksofoon behaal met ’n kwart persent meer as haar broer. Sy matrikuleer vanjaar by Afrikaanse Hoër Meisieskool.

Dié Klofie het ook tot die Hubert van der Spuy-musiekkompetisie se finale deurgedring en 20 trofeë by die AKV omhoog gehou.

Hy het ook aan die Noorderkruin-kunstefees deelgeneem.

Heinrich Sutton.

’n Hoogtepunt was die Piano Superstar-kompetisie van Rocco de Villiers waar hy ook die geleentheid gehad het om saam met dié kunstenaar op die verhoog te wees.

Die jongeling is ’n voltydse klavierspeler vir die Johannesburgse Jeugorkes onder leiding van Eddie Clayton, wat ook by Kloof se simfonie-orkes as dirigent betrokke is.

Hy is al ’n vierde generasie musikant. Sy oupa (78) het steeds ’n dansorkes in die Moot-area, “The Extremes”.

Sy pa, Jacques, het self as jong musikant in verskeie genres soos jazz, Afrikaans en rock gespeel.

“Heinrich het soos ’n klein Buddha-standbeeld voor die orkes gesit en geluister hoe ons oefen.

“Ek het nie op daardie tyd besef hoeveel hy tydens die oefeninge ingeneem het nie.

“Op die ouderdom van vyf, het hy begin belangstelling getoon.

“Twee jaar later, het hy klavier ernstig beoefen,” vertel Jacques.

Sy pa sê dat musiek deel van sy lewe is.

“Wanneer hy maats het wat by hom kom kuier, sal hy altyd eers by die klavier stilhou om ’n paar note te speel.

“Dit is deel van sy menswees. Ek het nog nooit nodig gehad om hom aan te moedig om te oefen nie.”

Heinrich sê dat as groentjie, sy prestasies wat hy toé behaal het, nie ingesink het nie.

“Ek was jonk en impulsief.”

Heinrich Sutton.

Sy gunstelingmusiekstuk, is die derde concerto van die Russiese komponis, Sergei Rachmaninoff.

“Dié stuk is intellektueel ongelooflik geskryf.

“Elon Musk is een van my grootste bewonderaars.

“Met die regte ingesteldheid, kan jy enigiets bereik.”

Sy bladlees is ongelooflik.

“Jy kan komplekse stukke voor my neersit, en in ’n baie kort tydperk kan ek dit vlot speel.”

Hy spaar tans vir ’n Steinway-klavier, ter waarde van R2.5-miljoen.

Sy verhoognaam, is Heinstein – dit staan egter nie vir Heinrich en Einstein nie, maar vir Heinrich en Steinway.

Wat is sy toekomsplanne?

“Sodra ek die klavier aangeskaf het, wil ek al my prysgeld belê om op die ouderdom van 18 my eerste huis agter my naam te skryf.”

Na skool, beoog hy om Engeland toe te verhuis.

“Ek hou van die kultuur en die klimaat.

“Ek sal nooit ophou met musiek nie, maar ek wil ’n aktuaris word. Akademie is my nommer-een prioriteit.”

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button