Local newsNews

Waterkloof stel temalied vir 2022 bekend

"Dit is vir ons baie belangrik om 'n besluit te maak om die lig op die horison te sien. Mag 2022 'n spesiale en ongelooflike jaar vir julle wees."

Suid-Afrikaanse musikant, Joshua na die Reën het Woensdagoggend Hoërskool Waterkloof se temalied vir 2022, “Lig op die Horison” oftewel “Kloof op die Horison”, bekendgestel.

Groot gees en passie tussen leerders het op Waterkloof se pawiljoene geheers.

Joshua na die Reën.

Joshua na die Reën het ’n paar van sy groot treffers gespeel en met “Kloof op die Horison” afgesluit.

Almal het tydens ’n gedeelte van die liedjie, “ons soos vure brand in die donker nagte, staan ons soos lig op die horison” hoendervleis gekry.

Die leerders het aan die einde van die verrigtinge, die skoollied gesing en die woorde “Ons bou in geloof” het in die verte weergalm.

Leerders het soos oudergewoonte in ’n sirkelformasie op die veld gaan staan waar wit ballonne in die lug gelaat is.

Skoolhoof, Chris Denysschen het trane in sy oë gehad toe hy oor die lig wat vanjaar op Waterkloof sal skyn, praat.

 

Hoof, Chris Denysschen.

“Kom ons gryp ons tema vir die jaar met albei hande aan.”

Kloof se dirigente van 2022.0

Hoofseun- en dogter vir 2022, Guillaume Marais en Ané Hartzer het elke Klofie sterkte vir die akademiese jaar toegewens.

“Hierdie is die jaar van die Here se guns.

“Ons glo 100% dat 2022 Kloof se jaar gaan wees – ’n jaar van meer gewone skool hê, meer atletiekbyeenkomste, beslis een of twee skoolbanke moet inwerk en ’n jaar wat Kloof beslis die beste matriekgroep gaan wees.

“Hopelik gaan ons ook meer as familie op die pawiljoen bymekaar kom,” het Ané gesê.

Guillaume noem dat daar altyd iets is om voor dankbaar te wees.

“Dit is vir ons baie belangrik om ’n besluit te maak om die lig op die horison te sien.

“Mag 2022 ’n spesiale en ongelooflike jaar vir julle wees.”

Kitaarspeler, Loki Rothman het verlede jaar Waterkloof se temalied geskryf.

Klofies het 441 nuwe graad 8’s, beter bekend as die “druppels” verwelkom.

 

Akteur, Gerald Steyn.

Akteur Gerald Steyn wat in Getroud met Rugby speel, het ook die oggend saam met die Klofies kom geniet.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button