Local newsNewsSchools

Menlo-matrieks: puik uitslae span die kroon op harde werk

Een skool. Een span onderwysers. Een matriekgroep: 294 matrieks met ’n groepgemiddeld van 73.8%.

Hierdie statistiek behoort aan Die Hoërskool Menlopark wat weereens vanjaar met hulle puik matriekuitslae gewys het dat Menlo se akademie hom nie laat inperk nie.

Die wêreldkrisis wat aan die begin van 2020 ontvou het, het ’n ingrypende impak op onderwys gehad en leerders wat vanjaar matriek moes aflê, was met reg bekommerd. Met ’n verkorte skoolkalender in 2021 en belangrike eksamens wat nie kon plaasvind nie, het die taak om die sillabus betyds af te handel bykans onuitvoerbaar gelyk.

Wanneer ’n Menloparker woorde soos “moeilik” en “onmoontlik” hoor, word dit outomaties na “uitvoerbaar” en “geleentheid” verander. Met klein klasgroepe, toegewyde onderwysers en vasberade leerders word uitdagings in ’n japtrap halveer terwyl geleenthede verdubbel.

 

Skoolhoof, mnr. Schalk Reynders, beaam dat die Klas van 2021 hom in die afgelope twee jaar deurgaans met hulle positiewe gesindheid verstom het.

“Die leerders het nooit moed verloor nie, maar elke dag se uitdagings en omwentelings met grasie en durf die hoof gebied. Die matrieks se entoesiasme laat ’n onuitwisbare spoor by Menlopark agter. Ons skool bars van trots.”

Die gemiddelde van die vakke wat deur die meeste leerders geneem word, onderstreep dat Menlo se akademiese plan die impak van Covid kon uitoorlê.

Met vakgemiddelde soos 73.1% vir Afrikaans, 76.8% vir English (FAL), 70.3% vir Wiskunde, 74.1% vir Fisiese Wetenskap en ’n allemintige 78.7% vir Rekeningkunde is daar geen twyfel nie – Menloparkers is in veilige akademiese hande.

Louis van den Hee ver

’n Verdere ontleding van Menlo se indrukwekkende statistiek toon ’ gemiddeld van 2.9 onderskeidings per leerder terwyl die toppresteerder met ’n gemiddeld van 95.2% spog. Tel die volgende prestasies daarby – een leerder behaal tien onderskeidings, vyf leerders verwerf nege onderskeidings, agt leerders spog met agt onderskeidings, 23 leerders behaal sewe onderskeidings en net soveel leerders verwerf ses onderskeidings – en jy kan nie anders nie as om tot die slotsom te kom dat akademie ’n ereplek by hierdie gebalanseerde skool geniet.

Met 857 onderskeidings en 97 matrieks wat met ’n A-gemiddeld spog, is 100% nie net dié skool se slaagsyfer nie – dit is die Menlo-manier.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button