2021 Midstream College matriekuitslae
‘n Uitbundige klompie matrieks van Midstream College met hul spoguitslae van 2021

Altesaam 190 leerders by Midstream College het gesamentlik 580 onderskeidings behaal wat neerkom op 3.1 onderskeidings per kandidaat.
As ’n groep behaal hulle ’n 100% slaagsyfer en 100% tersiêre toelating, waarvan 98.9% kwalifiseer vir B-graadtoelating.
Die 2021-matriekgroep het besonder goed presteer en ’n groepgemiddeld van 76.2% behaal. Daar was 75 leerders wat ’n gemiddeld van 80% plus behaal het.

Midstream College is baie trots op Mia Bosman, wat die hoogste gemiddeld van 96.7% bereik het.
Vir die afgelope 10 jaar spog dié college met ’n 100%-slaagsyfer.

Aan die voorpunt van hierdie prestasies, was die hoofdogter van 2021, Mia Bosman, wat met 10 onderskeidings spog. Kort op haar hakke, het Inge Blignaut, Cameron Hodgson en Cara Venter elk, nege onderskeidings ingeryg.
Asof die nege onderskeidings in Venter se matriekjaar nie genoeg tyd geverg het nie, was sy ook onderhoofdogter en het ook as atleet uitstekend presteer deur Noord-Gauteng by die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap verteenwoordig.

Sy het ook as nasionale wenner van die ATKV se Afrikaans Eerste Addisionele Taalolimpiade met die louere weggestap.
Haar tweelingbroer broer, Henk, het ewe eens spogprestasies gelewer. Henk het ses onderskeidings behaal, was onderhoofseun en het vir Suid-Afrika onderwaterhokkie gespeel.
Die Suid-Afrikaanse sanger, Matthys Roets, se seun Yuan, tel onder die kandidate met agt onderskeidings. Saam met hom het ook Marlene Alberts, Mignon Raath, Nine Smuts en Jana Venter elk agt onderskeidings behaal.
’n Totaal van 14 kandidate spog met sewe onderskeidings elk.
Ten spyte van die Covid-19, met die gepaardgaande inperkings, het die skool se matriekuitslae ’n ander verhaal vertel as net probleme en sorge en het die span bekwame onderwysers en leerders onverpoosd voortgegaan om uitstekende uitslae te lewer.
Dr. Carel Kriek, skoolhoof, glo dat alle eer vir hierdie sukses aan die skool se ervare en hardwerkende personeel toegedig kan word.
“Elke onderwyser is volgens my ’n leier op sy eie vakgebied.”
Voornemende Midstreamers word uitgenooi na ’n opedag op 16 Maart 2022.