Overkruin-matrieks spog met ’n 100%-slaagsyfer
Welgedaan aan elke matrikulante, onderwyser en ouer wat in ‘n moeilike jaar hulle beste gegee het: Julle almal verdien hierdie uitslae.

Die vreugdevure by Hoërskool Overkruin brand hoog! Ons is uit ons sokkies geseën met ’n 100%-slaagsyfer en uitstekende uitslae.
Ons is die enigste skool in ons omgewing met ’n 100%-slaagsyfer. Almal in Hoërskool Overkruin se harte klop maroen!
Ons beste wense vergesel julle op julle lewenspad vorentoe! Mag die Here julle paaie gelyk maak – Spreuke 3:6.
Hoërskool Overkruin se trots! Baie geluk aan hierdie leerders met uitstekende uitslae.
Die matriekleerder, Dewaldt Vorster is as die distrik se toppresteerde, vir Rekeningkunde met ‘n gemiddel van 97%, aangewys.

– Toppresteerder: Dewald Vorster 91.29%
– Universiteitsvrystelling: 85%
– Nege leerders behaal sewe onderskeidings elk
– 24 leerders spog met ’n gemiddeld bo 80%
– Sewe vakke se gemiddeld is 70% of hoër
– 17 vakke se gemiddeld bo 60%
– Aantal leerders: 202
– Onderskeidings: 264.
