Hoërskool Zwartkop Matriekklas van 2022
Matriekklas van 2022 julle maak ons trots met julle puik uitslae. Ons weet julle is slaggereed om die volwasse wêreld aan te pak. Hoërskool Zwartkop is opgewonde oor die nuwe hoofstuk in julle lewe.

Zwarrie-matrieks spog met mooi uitslae
Die matriekleerders (2022) van Hoërskool Zwartkop het Vrydagoggend, 20 Januarie, na groot afwagting hul matriekuitslae ontvang.
Hierdie groep, wat bestaan uit 330 leerders, se harde werk het 501 vakonderskeidings verseker met ’n gesamentlike gemiddeld van 71.3%.
11 Leerders het ’n gemiddeld van bo 90%, 42 leerders behaal ’n gemiddeld bo 80% en 105 leerders het ’n gemiddeld bo 70%. Dit wil gedoen wees.
Stephan Theron en Gazelle Jordaan het uitsonderlik goed gevaar en spog met 9 onderskeidings elk. Stephan het ’n gemiddeld van 95.4% behaal en is as Dux leerling aangewys by die gr. 12 merietefunksie. Hy gaan Aktuariële Wetenskappe studeer. Gazelle sien baie uit daarna om haar mediese studies af te skop.
Daar is ’n hele rits Zwarries wat dit reggekry het om 8 onderskeidings in te palm.
Hierdie leerders is Graham Smith, Han-Henri Sterk, Hanno Boot, Karli Weinmann, Amike Jacobs, Anja Reyneke, Cameron-Lee Renwick, Kayla Lloyd, Lizelle Pieterse, Micarney Janse van Vuuren, Landé Engelbrecht, Jaco Pretorius en Alicia Arnold.
Clara Oosthuizen, Heinrich Smuts, Marko Hough, Michael Kraounakis, Mindie van Dyk en Tasha Jacobs is baie in hul skik met hul 7 onderskeidings elk.
Verder spog die Zwarrievolk met:
8 leerders wat 6 onderskeidings behaal
6 leerders met 5 onderskeidings en
12 leerders met 4 onderskeidings elk.
Ons is ongelooflike trots op elke matriekleerder van 2022 en wens jul alle sterkte en voorspoed toe vir die toekoms.
