Local newsNews

Ouma van Eldoraigne vier 104e verjaarsdag

Ouma Hendrika Johanna Nel is op 22 Februarie 1918 gebore. Sy is die oudste van agt kinders waarvan drie nog lewe.

’n Inwoner van Eldoraigne, Centurion, het onlangs haar 104e verjaarsdag gevier.

Trynie Nel vertel haar ouma heet Hendrika Johanna Nel en is op 22 Februarie 1918 gebore op Warmbakkies 18km vanaf Keetmanshoop.

“Haar ouers is Wilhelmina Louwrens en Jacobus Nel Blaauw. Sy is die oudste van agt kinders waarvan drie nog lewe.

“Op 21 Julie 1936 is sy getroud met Louis Nel in Keetmanshoop en hulle was 63 jaar getroud. Hulle het twee dogters gehad waarvan albei al oorlede is. Ouma het vyf kleinkinders, agt agterkleinkinders en sewe agteragterkleinkinders.”

Nel sê haar ouma was ’n kranige boervrou wat ook die groot droogte van 1933 deurgemaak het.

“Hulle het met die groot droogte opgetrek na die noorde van Namibië na ’n plek met die naam Twee Riviere. Hul eerste plaas wat hulle gekoop het, was in die Kalahari en die plaas se naam was Lemoenpan.

“In 1970 het hulle Suid-Afrika toe getrek, of soos wat hulle dit noem ‘Republiek toe’, en op die plaas Vosburg geboer voordat hulle in 1975 na De Aar verhuis het.”

Sy vertel haar ouma het 28 jaar in De Aar gewoon en Oupa Louis is ook daar oorlede.

“Sy het nog ’n paar jaar in De Aar aangebly voordat sy verhuis het na Pretoria waar sy in Lions Haven-aftreeoord gaan woon het.

“Sy woon tans in ’n versorgingshuis in Eldoraigne.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button