Local newsNewsSchools

HTS John Vorster spog met splinternuwe sportfasiliteite

Skoolhoof Antoinette Dowd het verskeie staaltjies uit HTS John Vorster se netbal- en tennisverlede gedeel.

HTS John Vorster, het onlangs tydens ’n spoggeleentheid, amptelik die inhuldiging van splinternuwe tennis- en netbalbane bekendgestel.

Die hoof van HTS John Vorster, Antoinette Dowd, het op 8 April die amptelike opening behartig.

Dowd het verskeie staaltjies uit HTS John Vorster se netbal- en tennisverlede gedeel.

Esra Olwage het in 1994, saam met Jak Wagenaar, netbal as sport by HTS John Vorster begin.

In daardie jaar het Lettie van der Merwe ingespring en self die eerste rompies vir die netbalmeisies gemaak uit blou-en-groen blokkiesmateriaal.

“Ons onthou van ons eerste puik netbaldogters, wat self nou ouers van ons skool is soos Jana Hurter, Ciska Kearney en Carika Horn.

“Die skool is besig om by die dag meer geskiedkundige gebeurtenisse vas te pen en die openingsgeleentheid was beslis een vir die boeke,” sê Dowd.

Sy het ook van Alta Roux, wat vir 29 jaar tennis by HTS John Vorster georganiseer het, vertel.

“Vandag is ons bevoorreg om nuwe bane vir albei sporte in gebruik te neem.

“Ons wil ook ons dank betuig teenoor die beheerliggaamvoorsitter van sport, Jurie Walker, wat die dryfveer agter die hele projek was. Dankie vir hierdie suksesverhaal.”

Op 8 April, wen al vyf die skool se spanne hul eerste ligawedstryde op die nuwe bane met ’n uitmuntende 26-5 oorwinning vir die eerste netbalspan, die Alphas.

“Ons sien uit na vele pragtige sportherinneringe op hierdie nuwe bane,” sê Dowd.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button