Local newsNews

AfriForum-span knap omgewing op

Die Groter Moot-tak het die inisiatief begin om een keer per maand saam met die gemeenskap 'n skoonmaakprojek te hou.

AfriForum se Groter Moot-tak het onlangs saam met gemeenskapslede ’n projek van stapel gestuur waar die suidekant van die spruit opgeknap is.

Hierdie tak het die inisiatief begin om een keer per maand saam ’n skoonmaakprojek te hou.

Daar word beoog om volgende maand die noordekant van die spruit aan te pak.

Die distrikskoördineerder vir Pretoria-Noord, Sampie Steinberg, sê die gemeenskap het werklik hande gevat om ’n sukses van die skoonmaak-aksie te maak.

“Baie dankie aan almal wat hierdie tipe projekte moontlik maak. Ek wil die gemeenskap uitnooi om betrokke te raak by AfriForum se Groter Moot-tak en ander aksies om sodoende die omgewing ’n veiliger plek vir iedere en elk te maak asook om die area op te kikker,” sê Steinberg.

Die AfriForum Groter Moot-tak het ook ingespring om padtekens tot en by Hoërskool Oos-Moot op te helder.

“Dankie vir almal se geduld met ons en die vriendelike gesigte wat ons ontvang het. Dit is lekker om in ons gemeenskap te werk en ons omgewing mooi en veilig te maak. ’n Glimlag laat ’n mens net besef hoe dankbaar die gemeenskap vir ons hulp en betrokkenheid is.

“Ons wil ook ’n daadwerklike verskil maak as dit by die regmaak van slaggate kom, maar ons kort die gemeenskap se hulp om slaggate aan te meld vir ons om sodoende aan die werk te spring om dit te vul,” sê Steinberg.

ALSO READ: Moonshine restaurant officially opens in Menlyn

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button