Jong wetenskaplikes van Anton van Wouw wys hul slag by Gauteng-Noord Ekspo
Gedurende die naweek van 26 en 27 Augustus 2022 het nege leerders van Laerskool Anton van Wouw aan die jaarlikse Gauteng-Noord Ekspo vir Jong Wetenskaplikes deelgeneem. Die nege leerders het die skool met onderskeidng verteenwoordig en uitstekende resultate gelewer. Ingrid Potgieter en Francois Joubert spog albei met ’n Sertifikaat van verdienste Nicholas Janse van Rensburg,
Gedurende die naweek van 26 en 27 Augustus 2022 het nege leerders van Laerskool Anton van Wouw aan die jaarlikse Gauteng-Noord Ekspo vir Jong Wetenskaplikes deelgeneem.
Die nege leerders het die skool met onderskeidng verteenwoordig en uitstekende resultate gelewer.
Ingrid Potgieter en Francois Joubert spog albei met ’n Sertifikaat van verdienste
Nicholas Janse van Rensburg, Kiara Ferreira en Mila Truter het elkeen ’n Brons-sertifikaat ontvang.
Lucas van Schalkwyk en Megan Nieman het albei Silwer.
Kiki Butler en Katherine Rabie kry albei Goud.
Katherine Rabie is as Kategorie-wenner in die afdeling “Agricultural Science” aangewys.
Emmi-Faye Butler (gr. 4) het die skool verteenwoordig by die Departementele Ekspo vir graad 4- en 5-leerders. Butler het die uitsonderlike prestasie behaal om tweede te kom in haar afdeling.


