Voortrekkermonument wil pret terugsit in geskiedenis
Die Pionierswerf sal kinders die geleentheid gee om aktief die geskiedenis van die Voortrekkers te beleef.

ie Voortrekkermonument is hierdie jaar toegewyd om hulle geskiedenis so prettig as moontlik te maak vir besoekers.
Dus werk hulle baie hard aan die ontwikkeling van ’n opwindende nuwe projek, die Pionierswerf.
Op 4 September het sakeman Meyer le Roux R10 000 geskenk aan die monument se nuwe projek.
Met die Pionierswerf, wil hulle die tradisie en kultuur van die Voortrekkers ’n lekker doen-ervaring vir kinders maak.
Sover spog die werf met troetelvarkies, bokkies, miniatuurperdjies, eende, kalkoene en ’n paar parmantige poue.
Binnekort kom daar nog vyf boerperde by.
LEES OOK: Duisende besoekers span uit by Voortrekkermonument se Antiekmark
Daar gaan ook ritte op ’n perdekar wees en later die maand word die sooi omgespit vir ’n egte hartbeeshuisie en ’n vrugteboord word aangeplant.
Die Pionierswerf sal ook vir kinders die geleentheid gee om met hulle hande te werk en die buitelewe te geniet.
Hier kan hulle klei-osse maak, plaasbrood bak en boeresport met hulle familie en vriende geniet.
Vroeër in die maand het die monument bewys dat geskiedenis prettig kan wees toe 75 graad 9-leerders hulle kom besoek het.
Dié besoek het afgeskop met ’n les in kookkuns met die vraag: hoe het die pioniers brood gebak?
Terwyl hulle wag vir die brood om klaar te bak, is ’n besoek aan Fort Schanskop afgelê vir boeresport, raaisels en ’n bietjie vriendelike kompetisie tussen die leerders.
“Dit was ’n geskiedenisles wat in pret verander is.
“Dit was heerlik om te ervaar hoe die Voortrekkers brood gebak het.
“Die speletjies was ook baie lekker en het spanwerk aangemoedig – dit was ’n ongelooflike ervaring,” sê leerder Blessing Phasa.
Pepps College onderwyser, Linda Scholtz het ook die program uiters geniet.
“Die fasiliteerders was ongelooflik en die aanbieding daarvan het heeltyd die kinders se aandag gehou.
“Bou voort op wat julle só goed doen,” sê Scholtz.
’n Groep Duitsers het ook ’n les van Suid-Afrika se geskiedenis geniet toe hulle die monument besoek het.
Hierdie besoek vorm deel van die groep se toer van Suidelike Afrika.
Die Duitse besoekers was veral beïndruk met hoe mooi die monument is en dat dit nog al die jare in stand gehou word.
LEES OOK: Danie de Jager se beelde word by Voortrekkermonument onthul
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
