Local newsNews

AfriForum tuinspan sit skouer aan die wiel in Noord en Moot

Hulle het veral gefokus op Pretoria-Noord se stadsaal in Emily Hobhousestraat, Suur Klapper-park, Monumentpoort-park in President Steynstraat, die Jackson van Zyl-park in Francoisstraat, die park in Theresapark in Bokmakieriestraat asook Wolmer-park.

AfriForum se tuinspan het weer skouer aan die wiel gesit hierdie week in Pretoria-Noord en die Moot area.

In die noord, het die span meer as 200 swartsakke se vullis opgetel en verwyder.

Hulle het veral gefokus op Pretoria-Noord se stadsaal in Emily Hobhousestraat, Suur Klapper-park, Monumentpoort-park in President Steynstraat, die Jackson van Zyl-park in Francoisstraat, die park in Theresapark in Bokmakieriestraat asook Wolmer-park.

Hulle het die verkeersirkel by 33e laan en Ben Swartswart oorgeverf.

Hulle het ook die muur in Daan de Wet Nel-rylaan en Rachel de Beerstraat oorgeverf.

Die begraafplaas in Heatherdale is ook skoongemaak.

“Ons moedig die Pretoria-Noord-gemeenskap aan om aktief by dié tak se projekte soos hierdie een betrokke te raak.

“Ons is dankbaar vir elke AfriForum-lid vir hul bydraes om projekte soos hierdie moontlik te maak,” sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Muur in die noorde wat oorgeverf is.
Foto: Verskaf

AfriForum se Noord van die berg-tak doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak.

Die gemeenskap kan aktief betrokke raak en/of donasies maak in ’n poging om die noorde van Pretoria weer netjies te kry.

Die Groter Moot-tak het stopstrate oorgeverf om die area meer veilig te maak.

Hulle het die verkeersirkel by 33e laan en Ben Swartstraat oorgeverf, een van die besigste sirkels in die Moot.

Hulle het ook stopstrate oorgeverf om die area meer veilig te maak.

AfriForum se filosofie om die straatprojek is, “Die straat behoort aan jou”, en moedig inwoners aan om weer eienaarskap te neem van hul omgewing.

Om deel te word van AfriForum se boomplant- of straatprojekte, skakel 086 102 0030 of stuur navrae aan navrae@afriforum.co.za.

LEES OOK: Tshwane battles illegal dumping

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button