Local newsNewsSport

Boomplant- en rugbydag by Noordelikes

Bome is deur voormalige voorsitters van die klub geplant om positiewe verandering in die omgewing teweeg te bring, terwyl verskillende spanne kom rugby speel het op die terrein.

Die Noordelikes Rugbyklub het op 1 Oktober ’n skenking van 10 pekanneutbome ontvang om bande tussen die Pretoria-Noord Belastingbetalersvereniging (PNBBV) en die bestuur van die Noordelike Rugbyklub te verstewig.

Positiewe gesprekke is gevoer oor hande vat in toekomstige projekte om die klubterrein tot voordeel van die gemeenskap te ontwikkel.

Almal het hul hande vuil gemaak om die tien pekanneutbome op 1 Oktober te plant. Foto: verskaf

Bome is deur voormalige voorsitters van die klub geplant om positiewe verandering in die omgewing teweeg te bring, terwyl verskillende spanne kom rugby speel het op die terrein.

Die spelers kon hul talent wys aangesien die Noordelikes se bestuur beoog om hul spanne te laat deelneem in die Carltonbeker-kompetisie in die nabye toekoms.

Die klub het ook alle skole genooi om by hul junior rugby aan te sluit om die langtermyn ontwikkeling van die klub te verseker, terwyl die PNBBV beplan om aktief met die bestuur saam te werk om ’n oplewing in rugby en alle ander sportfasiliteite te bewerkstellig.

Jani Smith van Shamrocks het die geleentheid moontlik gemaak en vir Plantland Akasia bedank vir hul ruim skenking van bome.

Oud-voositters kon weer ontmoet en bande smee.

LEES OOK: New constables report for duty at Tshwane police stations

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button