Eerste dag van die res van hul skoolloopbane
Graad Eentjies maak hul buiging by Lardies
Dit was ’n groot dag vir ’n hele klomp nuwe graadeentjies wat hul 12 jaar skoolreis met glimlagte en opgewondenheid begin het.
Ouers en onderwysers het hande gevat om die jongetjies op hul gemak te laat voel en die nuwigheid van “groot skool” makliker te maak.

Die skoolgelukbringer, Blink! het gou-gou met die kinders begin gesels en die ys gebreek. Toe dit tyd word om pa en ma te groet, was almal al tuis. So tuis meeste van hulle het nie eers agtergekom die ouers was reeds weg nie.


Die dag het glad verloop en as dit ’n aanduiding is van hoe hierdie groepie se skoolloopbane gaan verloop, kan mens dankbaar wees vir onderwysers wat weet hoe om die eerste dag se senuwees te verlig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
