Nuwe Stefan Jansen musiek tien jaar in wording
Elke lied herinner Stefan aan ’n weergawe van homself tydens ’n ander fase van sy lewe.
Pretoria sanger Stefan Jansen kondig sy nuwe EP, Wasting Time aan.
Wasting Time is ’n versameling van vier liedere wat oor ’n tydperk van bykans tien jaar geskryf is.
Elke lied herinner Stefan aan ’n weergawe van homself tydens ’n ander fase van sy lewe.
“Lost Bloodline” (2012) herinner hom aan ’n jonger en effens windgatter weergawe van homself, terwyl “Wasting Time” (2015) geskryf is in ’n tyd toe sy denke begin verdiep het.
“Song of Silence” (2020) was ’n keerpunt in sy lewe toe hy meer waarhede van die lewe begin raaksien het.
“Winds of Change” (2020) herinner hom om te besin oor die hoop wat nie beskaam nie.
Alhoewel al die liedere vir Stefan reusewaarde het, is dit “Song of Silence” wat vir hom uitstaan.
“Dit is ’n lied wat my deur twee groot persoonlike reise geneem het: liefde en musiek,” verduidelik hy.
Al die liedere is deur Stefan geskryf en deur Tertius Human vervaardig.
Volgens Stefan sou die musiek nie dieselfde gewees het sonder Tertius se aandeel nie.
“Die musiek wat ek geskryf het, was maar ’n saadjie, maar Tertius het dit water gegee en dit het gegroei tot iets veel groter,” verduidelik die musikant.
Stefan het reeds bekendheid met sy Afrikaanse musiek verwerf met “Suikerbos”, “Katryn”, “Lankal Gereed” en “Janie”.
Sy liedjies het al talle nommer-een posisies op verskeie radiostasies se trefferparades beklee.
Dit sluit LekkerFM, Radio Rosestad en Bok Radio in.
Die musiekvideo van “Suikerbos” het vir hom ’n VONK-toekenning verseker vir “die video van ’n nuweling wat die vinnigste die 100 000 kykmerk verbygesteek het”’.
Behalwe vir sy Suid-Afrikaanse gehoor het Stefan ook aanhangers tydens sy internasionale musiektoere na Switserland en Europa gewerf.
In 2022 word Katryn as “Album van die jaar” aangewys deur Radio Spannenberg in Nederland.
Met sy Engelse musiek bou Stefan voort op sy goeie reputasie as ’n ware musikant.
Sy Afrikaanse en Engelse snitte is geïnspireer deur sy eie ervarings.
Stefan se vertolking hiervan sorg dat die lirieke universiële waarde kry.
Wasting Time beklemtoon Stefan se veelsydigheid as skrywer, musikant en denker.
Die vrymoedigheid wat hy het om sy ervarings op ’n eerlike wyse met die publiek te deel, is kenmerkend van die album.
Met Wasting Time vestig Stefan sy wortels in die musiekmark en maak hy dit duidelik dat hy hier is om te bly.
Wasting Time is nou beskikbaar op alle digitale platforms.
LEES OOK: Young Centurion star is a hit at American Idols
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
