Local newsNewsSchools

Broers maak geskiedenis in Spanje

Twee broers werk saam om tienerdepressie aan te spreek.

Gerthyo en Wilando Ferreira (gr. 12 en gr. 10) twee broers van Hoërskool Waterkloof, het stof in baie oë geskop toe hulle onlangs as internasionale wenners in ’n kompetisie aangewys is.

Eers is hulle aangewys as nasionale wenners van die Sayess-kompetisie, waarna hulle is genooi is om die land gedurende 2023 by die Exporecerca Jove-kompetisie in Spanje te verteenwoordig. Hul harde werk is beloon toe hulle aangekondig is as internasionale wenners, sowel as die wenners van die Sielkunde-afdeling.

In Gerthyo se graad 10-jaar het hy besef hoe ’n groot probleem tienerselfmoord tans is, en na verdere navorsing het hy en sy broer bevind dat meer as 20% van hoërskoolleerders in Suid-Afrika al hul eie lewens probeer neem het.

Die broers het ’n vraelys ontwerp wat tieners kan invul om te toets vir tekens van depressie, angs en selfmoord. Indien leerders dan enige van dié tekens toon, word hul name na die skool se sielkundiges deurgestuur sodat hulle die nodige hulp en ondersteuning kan ontvang. Hul volgende projek is om dit in ’n app te omskep met die hulp van IT-kundiges.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button