Local newsNews

Tshwane-burgemeester sê hy sal saak regstel na AfriForum-lede R15k boetes opgelê is

“Ek wil hê gemeenskappe moet help en daarom sal ek die totstandkoming van Memorandum van Verstandhouding dryf met enige organisasie wat ons stad wil help. Kom ons help bou Tshwane saam,” sê Cilliers Brink, Tshwane-burgemeester.

Tshwane-burgemeester Cilliers Brink het sy ontsteltenis in ’n persverklaring Sondag uitgespreek nadat die AfriForum Groter Moot-span boetes ontvang het vir die regmaak van stormwaterdreine verlede week.

“Ek was hierdie week ontsteld om te sien dat lede van AfriForum beboet is omdat hulle bloot die stad ondersteun het om dreineringstelsels te ontblokkeer om oorstromings te voorkom,” sê Brink.

“’n Totaal onnodige optrede namens die stad wat ek sal regstel.”

Twee lede van die span was besig om die dreine op HF Verwoerdweg en Jacobsstraat reg te maak toe hulle deur twee metropolisiebeamptes genader is.

Die twee beamptes het aan elke lid ’n boete van R7 500 (in totaal R15 000) opgelê.

Die metro het verduidelik dat die span nie ’n wegverlof van die stad ontvang het voor hulle die werk aangepak het nie.

“Hierdie soort gemeenskaps-aksies moet verwelkom word en nie gepenaliseer word nie.”

Brink sê hy wil gemeenskaps-organisasies aanmoedig om te help waar hulle kan.

“Ek wil hê gemeenskappe moet help en daarom sal ek die totstandkoming van Memorandum van Verstandhouding dryf met enige organisasie wat ons stad wil help.

“Kom ons help bou Tshwane saam.”

Groter Moot-buurtbeampte Andries Opperman sê hulle wou slegs die gemeenskap help.

“Besighede sit al met hul hande in die hare as gevolg van die verstopte stormwaterdreine in daardie omgewing wat elke keer as dit reën opdamming van water veroorsaak,” verduidelik Opperman.

“Die water spoel in besigheidspersele in en maak die baie besige M5 uiters gevaarlik.”

Hulle het “’n uiters onaangename taak aangepak om die gemors en grond uit te grawe uit die stormwaterdreine sodat die water weer vrylik kan loop”.

ALSO READ: Private security firm says criminals target local businesses because there’s cash, lack of security on premises

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button