EntertainmentLocal newsNews

Deon Groot se lofsang vir die een in jou lewe

Die lied se sagte poprock-klanke maak dit geskik vir talle geleenthede, speellyste en radiostasies.

Sommige mense reken wanneer jy deur ander geliefd is, gee dit vir jou krag, maar om ’n ander persoon innig lief te hê, vereis waagmoed.

In Deon Groot se nuwe lied, “Die Een” is hierdie emosie die sentrale fokuspunt.

“Die Een” is ’n dringende boodskap wat Deon aan daardie een persoon in sy lewe moet oordra.

Deon het dié lied aan sy verloofde geskryf.

Daarin ondersoek hy die verskil wat “Die Een” persoon in jou lewe kan bring.

Die teer lirieke kry nuwe betekenis met die goeddeurdagte kontras tussen die persoon se afwesigheid en teenwoordigheid.

Wat die lied verder uitsonder, is Deon se vertolking. Sy volwassenheid as kunstenaar staan op die voorgrond en met sy stembeheer skep hy ’n oortuigende dringendheid wat ongewoon is in moderne popmusiek. Deon beskryf die lied as een wat hy “vanuit die bors” sing.

Elkeen wat na die lied luister, kan “Die Een” vervang met die naam van daardie een geliefde persoon in sy/haar lewe. ’n Lofsang vir elke beminde.”

“Die Een” is deur Jake Odendaal vervaardig.

Die lied se verwerking ondersteun die tema se dringendheid.

Die lied se sagte poprock-klanke maak dit geskik vir talle geleenthede, speellyste en radiostasies.

Dit is ’n liefdeslied met diep betekenis.

Deon het die musiekwêreld in 2017 betree en sedertdien reeds groot naam vir homself gemaak.

Die talle eerbewyse wat reeds aan hom toegeken is, is ’n bevestiging hiervan.

Behalwe vir sy meer as eenmiljoen kyke op YouTube, is sy musiek ook met Platinum-status vereer vir sy lied “Wyn”, Goue status vir “Bietjie Liedjie” en talle Bokkie-benoemings (onder andere beste sanger, beste lied en beste album deur ’n plaaslike kunstenaar).

Deon is ’n boorling van Omaruru in Namibië en verduidelik dat hy die meeste van sy kinderjare op klein dorpies deurgebring het.

Dis juis hier waar sy grootste dryf vir sy musiek ontstaan het: “Ons wil vir mense van klein dorpies en klein beginne bewys dat jou arbeid jou tot groter dinge sal lei,” verduidelik hy.

Aanhangers kan verder uitsien na “Die Een” se musiekvideo.

Die vervaardiging is behartig deur Quintin van quintessential.photo.video en dit is verfilm in die pragtige natuurskoon van Nelspruit wat die visier instel op die groep se liefde vir dit wat hulle doen.

As jy vir Deon vra wat vir hom die grootste vreugde deur die hele proses bring, is sy antwoord: “Om nuwe musiek uit te bring is reeds genoeg, maar om musiek te skep wat jy WIL skep, maak dit soveel meer.”

Luister na “Die Een” op alle digitale platforms, radiostasies regoor Suid-Afrika en ook op YouTube, kykNET en ander TV-kanale.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button