Moot Projek maak inwoners weer trots vir omgewing
Vir die span is dit baie belangrik dat die toegangsroete na die Moot skoon is.
Die Moot Projek span werk hard om inwoners weer trots te maak op hul dorp.
Hierdie week het hulle weereens moue opgerol en op Gordonweg begin werk.
As inwoners met Gordonweg ry vanaf Hatfield se kant, sal hulle duidelik die kontras tussen Hatfield en Colbyn sien.
DIE PAD WAS ONOOGLIK, VOLGENS DIE MOOT PROJEK
Verlede jaar nog was die pad ’n onooglikheid met oorgroeide sypaadjies en baie rommel, volgens die projekspan.
Vir die span is dit baie belangrik dat die toegangsroete na die Moot skoon is.
Hulle wil hê Moot-inwoners moet met trots in hul area inry en ook sien hoe dit moet wees en lyk.
Hulle vennootskap met Lizel (Gordon Road Cleanup Project) het groot vrugte afgewerp en hulle is baie dankbaar.
Inwoners sal bly wees om te sien die pad vanaf Stanza Bopapestraat tot onder by Queen’s Corner is pragtig skoon en netjies.
Onder Lizel se toesig en leiding, werk Admore en Forget daagliks (selfs al reën dit katte en honde) met hul trollie om die volgende te doen:
– Papiere op te tel
– Bome te snoei
– Sypaadjies skoon te hou
– Lang gras te sny
– Opgevulde sakke met gemors te verwyder
– Beddings skoon te hou en nuwe plante te plant
– Onwettige advertensies te verwyder.



Die projek mik ook om alle robotpale, swaai-asblikke, bushaltes, speelparkspeelgoed en kragbokse oor tyd te restoureer in die oorspronklike kleure wat Tshwane gekies het.
Die span werk ook hard op die CR Swartrylaan saam met Brink en Anita (Queenswood en Waverley se DMP-verteenwoordigers).
Hulle doen meesal skoonmaakwerk langs die pad en op sypaadjies met grawe, wat ongelooflik uitputtend is, maar dit maak ’n reuseverskil aan die omgewing waar hulle werk.
ALSO READ: Moot project transforms 13th Avenue bridge
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
