Bokke dra wedstryd op aan Liefling van Loftus
Hougaard het in 2015 die laaste keer vir die Bokke uitgedraf.
Die Springbokke gaan Saterdag se wedstryd in die Rugby Kampioenskappe aan Derick Hougaard opdra.
Die Liefling van Loftus, Derick Hougaard sterk tans tuis aan en sy suurstofvlakke is besig om te normaliseer.
So sê ’n verteenwoordiger van sanger Nádine se kantoor.
Hougaard het in 2015 die laaste keer vir die Bokke uitgedraf.
Hy was met aspirasie longontsteking gediagnoseer nadat Nádine hom op 10 Junie bewusteloos in sy huis gevind het.
Met die siekte beland maaginhoud in die longe en kan dit ontsteking veroorsaak.
Hy het na 13 dae in die Steve Biko Akademiese Hospitaal uit ’n koma wakker geword.
Hy is verlede Vrydag toegelaat om vanaf die huis aan te sterk.
Nádine sê hy is nog op talle middels om sy die toestand van sy longe te verbeter en kry ook fisioterapie om hom sterker te maak.
“Die Vader is so goed vir hom. Derick is dankbaar om weer by die huis te wees! Ek ook! Hy is swak, maer en moeg, maar die champ wat kon skop soos min, sal weer sterker word.”
- Hougaard gediagnoseer met aspirasie pneumonie, beterskap op pad
- Liefling van Loftus-liedjie wyd oor sosiale media gedeel, Bokke bid vir Hougaard
- Geliefdes uit Kaap omring Liefling van Loftus nou ook tydens koma in Pretoria-hospitaal
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
