Moot-leerlinge ding mee om as die volgende miljoenêr gekroon te word
“Sowat vyf jaar gelede het ek begin om skole regoor die land te besoek. My doel is tweeledig. In die eerste plek wou ek graag entrepreneurskapbewusmaking skep om vir jongmense te wys dit is prakties moontlik en enigeen kan dit doen,” sê die stigter van die kompetisie, Albert van Wyk.
Sewe Moot-leerlinge het deurgedring na die finaal van die “Maak My ’n Miljoenêr” kompetisie.
Die kompetisie is gestig deur Albert van Wyk, wat sy eerste miljoen gemaak het op die jong ouderdom van 22.
“Sowat vyf jaar gelede het ek begin om skole regoor die land te besoek. My doel is tweeledig. In die eerste plek wou ek graag entrepreneurskapbewusmaking skep om vir jongmense te wys dit is prakties moontlik en enigeen kan dit doen,” sê Van Wyk.
Hy het hierdie jaar 50 skole besoek, waar hy sy storie gedeel het van sy vroeë sukses as ’n entrepreneur en om entrepreneurbewusmaking te skep.
Elke jongmens wat inskryf, moes ’n video maak waarin hulle hulself voorstel en vertel wat sy of haar besigheid is.
Met die videos as begeleiding, is 40 entrepreneurs gekies en uitgenooi na ’n sogenaamde “brandbanksessie”, waar hulle ’n kans kry om voor ’n keurpaneel hulle kennis van hul besigheid te verduidelik, om sodoende vas te stel dat dit hulle eie handewerk is.
Uit die groep word daar dan 20 semifinaliste gekies.
Hulle ontvang mentorskap vir die volgende agt maande oor hoe om hulle besighede te laat groei en hulle ondernemigsvaardighede word getoets deur uitdagings.
Met elke uitdagingtoets wat hulle moet aanvat, val daar twee semifinaliste uit, totdat daar tien finaliste oorbly, wat na ’n gala-aand uitgenooi word waar die wenner aangewys sal word.

Hierdie jaar staan sewe Moot-leerlinge ’n kans om weg te stap as wenner van die kompetisie:
– Andre Smit (HTS John Vorster) met sy besigheid, “Rooibok” wat handgemaakte leerprodukte verkoop soos lyfbande, beursies en selfs vellies.
– Ode Bezuidenhoud (Hoërskool Oos-Moot) van “Fandom Central”, wat ’n verskeidenheid kommersiële produkte van strokiesprentkarakters en flieks verkoop.
– Xander en Xavier Visagie (HTS John Vorster), saam met Samantha Visagie (Hoërskool Dirk Postma) vorm die “Basjans”, wat speelgoed en troeteldiersjampoe verkoop.
– Tristan Stolz (Hoërskool Montana) met sy besigheid “Energy Ice” wat ysies, gemaak van energie-koeldranke, verkoop.
– Zuan Jacobs (Hoërskool Montana), koop klein besighede aan, vermeerder hul waarde en verkoop dit dan weer teen ’n wins.
Ondersteun ons jong Moot-enterpreneurs en sien wie as wenner bekroon sal word.
Die aankondiging van die Top 10 vind op ’n statige gala-aand in die Atterbury-teater in Pretoria op 4 Oktober plaas waar die wenner van die “Maak My ’n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar kompetisie bekroon sal word.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie
