Local newsNewsSchools

Liefde wink tydens skool se verruklike Valentynsbal

Die dansbaan is deur die hoofleiers en ses onderhoofdogters en ses onderhoofseuns ingewy.

Hoërskool Garsfontein het Saterdag Valentynsdag gevier by Casa Social da Madeira uit op die Boschkoppad.

Soos jy in die saal instap, was daar liggies en boustrukture wat vanjaar se tema, “New York Lights” uitgestraal het.

Die tafels het elk ’n straatnaam van New York uitgebeeld – insluitende die van die mees gewildste, soos Vyfde Laan en Boardwalkstraat.

Miga Malan en Ulie van Tonder van die dagbestuur het onderskeidelik met die voorlesing en gebed die aand amptelik geopen.

Die dansbaan is deur die hoofleiers en ses onderhoofdogters en ses onderhoofseuns ingewy.

’n Kombinasie van romantiese musiek, goeie Afrikaanse treffers en ’n watertand vyfgangmaaltyd was aan die orde van die dag, waar die prag van die geleentheid beloof het om enige man of vrou met ’n veertjie om te tik.

Die fondse wat deur die geleentheid ingesamel is, sal vir die skool se behoeftes aangewend word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

 
Back to top button