News

Jong Suid-Afrikaner sterf op Griekse eiland

Die 20-jarige, Benjamin Bezuidenhout, het Vrydagoggend naby die kus van die Griekse eiland Kefalonia gesterf.

Die 20-jarige, Benjamin Bezuidenhout, het Vrydagoggend naby die kus van die Griekse eiland Kefalonia gesterf.

Volgens sy ma Lualle Lessing was haar seun op sy gelukkigste in die water.

Benjamin het vermis geraak nadat hy in die water naby die katamaran waarop hy gewerk het, geduik het.

Sy liggaam is Vrydagoggend ná ʼn grootskaalse soektog gevind.

Intussen het medelye op sosiale media ingestroom. Verskeie vriende en familie het ook huldeblyk-videos gedeel.

Lualle het ‘n foto van Benjamin gedeel waar hy glimlag onder water met die volgende opskrif:

“Dit is hoe jy gekies het om dieper vrede te vind my liefde.”

Sy is die eienaar van ʼn haarsalon in Garsfontein in Pretoria, Timeout Glamour.

Lualle sê Benjamin het gelewe in die see.

“Jy het gelewe in die see, en jy het gesterwe in die see. Maar jy sal verewig aanhou lewe in my hart.”

Sy het ook onder meer op haar Facebook gesê sy het geweet Benjamin het begin lewe toe sy voete land op die Griekse eiland.

Lees ook: Hoë koppe betrek by musiekfeesskandaal

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button