News

Jan Bloukaas sterf

Die sanger Jan Bloukaas, oftewel Jean du Plessis, het Dinsdagaand sy stryd teen breinkanker verloor. Hy was 25 jaar oud.

Die 25-jarige sanger Jan Bloukaas het Dinsdagaand sy stryd teen breinkanker verloor.

Jan Bloukaas, oftewel, Jean du Plessis, se amptelike Facebook-blad Woensdagoggend vroeg die hartseer nuus gedeel:

“Dit is met groot hartseer dat ons met julle nuus meedeel, Jan Bloukaas, Jean du Plessis – gisteraand na sy Hemelse huis is.

“Sy helder lag, liefde, veg krag en omgee vir ander los ń leemte by ons. Die familie en naasbestaandes bedank elk een vir hulle gebede, ondersteuning en vra vir privaatheid in die tyd.

“Sy musiek leef voort en sy stem sal altyd by ons bly. Ons gaan jou mis maar weet jy is jou waar jy moet wees.”

Hy het die laaste paar maande hard gewerk aan sy laaste album, God kan. Dié album is op 29 November uitgereik.

Jean het graag sy diagnose en moedige en gelowige reis met sy ‘katte’ gedeel.

Hy het sy platform gebruik om sy getuienis van geloof en hoop te deel.

Op November 26 het hy sy laaste videos gedeel en terwyl hy bedlêend was het hy steeds vrolik sy ‘katte’ gegroet en die nuutste nuus met hulle gedeel oor hoe dit met hom gaan.

Hy was gereeld verwar met Liaan van der Westhuizen of beter bekend as Kaas Bra.

Van der Westhuizen is in Oktober vanjaar oorlede.

Hy het bekend geword vir sy satiriese grappe en videos wat hy op sy Facebook-Blad gedeel het.

Lees ook: Bekende Moot grapgat – Kaas Bra- sterf skielik

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button