News

Jan Bloukaas sterf

Die sanger Jan Bloukaas, oftewel Jean du Plessis, het Dinsdagaand sy stryd teen breinkanker verloor. Hy was 25 jaar oud.

Die 25-jarige sanger Jan Bloukaas het Dinsdagaand sy stryd teen breinkanker verloor.

Jan Bloukaas, oftewel, Jean du Plessis, se amptelike Facebook-blad Woensdagoggend vroeg die hartseer nuus gedeel:

“Dit is met groot hartseer dat ons met julle nuus meedeel, Jan Bloukaas, Jean du Plessis – gisteraand na sy Hemelse huis is.

“Sy helder lag, liefde, veg krag en omgee vir ander los ń leemte by ons. Die familie en naasbestaandes bedank elk een vir hulle gebede, ondersteuning en vra vir privaatheid in die tyd.

“Sy musiek leef voort en sy stem sal altyd by ons bly. Ons gaan jou mis maar weet jy is jou waar jy moet wees.”

Hy het die laaste paar maande hard gewerk aan sy laaste album, God kan. Dié album is op 29 November uitgereik.

Jean het graag sy diagnose en moedige en gelowige reis met sy ‘katte’ gedeel.

Hy het sy platform gebruik om sy getuienis van geloof en hoop te deel.

Op November 26 het hy sy laaste videos gedeel en terwyl hy bedlêend was het hy steeds vrolik sy ‘katte’ gegroet en die nuutste nuus met hulle gedeel oor hoe dit met hom gaan.

Hy was gereeld verwar met Liaan van der Westhuizen of beter bekend as Kaas Bra.

Van der Westhuizen is in Oktober vanjaar oorlede.

Hy het bekend geword vir sy satiriese grappe en videos wat hy op sy Facebook-Blad gedeel het.

Lees ook: Bekende Moot grapgat – Kaas Bra- sterf skielik

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button