News

Tshwane skors werker in R10m spookrekening bedrogsaak

Die ondersoeke het meer as 200 transaksies van meer as R10-miljoen onthul wat van verskeie munisipale verbruikersrekeninge in ’n enkele 'spook' munisipale rekening oorgeplaas is.

Die Tshwane metro het ’n werker in hul finansiesdepartement geskors weens sy beweerde betrokkenheid om die munisipalitei uit omtrent R10-miljoen in agt maande te bedrieg.

’n Interne ondersoek het die werker, saam met twee kollegas, geïdentifiseer dat hulle moontlik betrokke is in oneerlike bedrywighede.

Die ondersoek het meer as 200 oordragte van meer as R10-miljoen onthul wat van verskeie munisipale verbruikersrekenings na ’n “spook” munisipale rekening oorgeplaas is.

Metrowoordvoerder Selby Bokaba sê die werker is op Dinsdag, 25 Maart geskors.

Bokaba sê die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem en albei is borgtog toegestaan in die Pretoria magistraatshof. Slegs een van die twee kon egter die R10 000 borgtog betaal. Die ander een bly in aanhouding by Kgosi Mampuru Korrektiewe Dienste.

“Die derde werker het inhegtenisname ontglip deur om in die hospitaal opgeneem te word nadat dié gehoor het die polisie is warm op sy hakke,” verduidelik Bokaba.

Bokaba sê onderhandelinge met die eenheid van beslaglegging van die Nasionale Vervolgingsgesag is op ’n gevorderde stadium om die moontlikheid te ondersoek om die trio se bates te vries, met die uiteindelike doel om hulle aan die staat te verbeur.

Tshwane het ’n Groepsoudit en -risiko (GAR) ondersoek laat doen nadat dit op verdagte transaksies afgekom het.

“Die indiepte ondersoek deur GAR se Etiese Bestuur en Forensiese Dienste-afdeling het meer as 200 transaksies ontdek van meer as R10-miljoen van verskeie munisipale verbruikersrekeninge wat in ’n ‘spook’ munisipale rekening vanaf Mei 2021 tot Januarie 2022 gemaak is,” sê Bokaba.

Hy voeg by dat die modus operandi kenmerke van ’n sindikaat toon.

Hy sê ’n werker wat kop in een mus is met buitestaanders wat ’n rekening by die munisipaliteit het, skep die indruk dat die rekening betaal is deur die uitstaande bedrag na ’n ander stadsrekening oor te plaas. Die buitestaander sal dan net ’n gedeelte van hul rekening aan die werker betaal.

Bokaba sê die stad het ’n poging aangewend om die praktyk van die opening van strafregtelike sake net om ’n saaknommer te bekom, uit te skakel. ’n Opdrag is aan die ondersoekspan uitgereik dat verwysings van kriminele sake na die polisie moet plaasvind binne die bestek van ’n forensiese ondersoek. Dis glo om ’n effektiewe samewerking met wetstoepassingsagentskappe te bevorder.

Hy sê in ’n onverwante maar soortgelyke saak, het die ondersoekspan ook die hulp van polisie ingeroep om ’n beweerde sindikaat wat binne die Housing Company Tshwane (HCT) bedrywig is, te ondersoek.

Dit word beweer dat ’n huurbestuurder en -toesighouer geïdentifiseer is dat hulle die toekenning van huurkontrakte aan ongeskikte en ongekwalifiseerde lede van die publiek in ruil vir kontantbetalings vergemaklik het.

“Hierdie ongekwalifiseerde lede van die publiek betaal dan uiteindelik nie huur nie, wat lei tot finansiële verlies vir HCT. Die betrokke amptenare is laas week Donderdag met opskortingsbriewe bedien, terwyl die interne forensiese ondersoeke voortgaan,” sluit Bokaba af.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button