Tien Pretoria-kore dring deur na ATKV-Applous-finaal
Drie laerskole en sewe hoërskole van Pretoria het as finaliste na die ATKV-Applous-koorkompetisie deurgedring. Die finaal vind van 30 Julie tot 2 Augustus in Pretoria plaas.
Drie laerskole en sewe hoërskole van Pretoria het deurgedring as finaliste na die laaste ronde van die ATKV-Applous-koorkompetisie.
Die kompetisie is die oudste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika en vanjaar word die finaal vir die 48ste keer aangebied.
Die finaal, wat oor vier dae strek, word van 30 Julie tot 2 Augustus in die ZK Matthews-saal by Unisa in Pretoria aangebied.
Vanjaar het ’n indrukwekkende 292 kore, wat meer as 20 000 hoër- en laerskoolleerders verteenwoordig, vir die kompetisie ingeskryf.
Die ATKV-Applous-span, vergesel van ’n afvaardiging van Suid-Afrika se mees kundige en gesaghebbende koorbeoordelaars, het gedurende Mei na 18 bestemmings regoor Suid-Afrika en Namibië gereis met die doel om 40 topkore te identifiseer.
Volgens Renette Bouwer, beoordelaar van die landswye streeksfeeste, verhef ATKV-Applous Suid-Afrikaanse koorsang tot nuwe hoogtes.
Sy sê voorts: “Ander deelnemers aan internasionale koorkompetisies is geïntimideerd deur Suid-Afrikaanse kore danksy die hoë gehalte van koorsang wat deur ATKV-Applous aangespoor word.”
Die volgende Pretoria-kore dring deur na die ATKV-Applous-finaal:
– Laerskool Menlopark
– Hatfield Christian School (in twee kategorieë)
– Lesedi Primary School
– Laerskool Elarduspark
– Rietondale High School
– St Alban’s College
– Die Hoërskool Menlopark
– Hoërskool Waterkloof
– Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
– Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria
Do you have more information about the story?
Please send us an email to bennittb@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
