Tee, toebroodjies en testamente: ’n Veilige resep vir seniors
Inwoners van Villieria Care Village het weer saamgetrek vir hul geliefde Tea with Friends-sessie – ’n byeenkoms vol raad, herinneringe en heerlike bederf.
Op 25 Junie is inwoners van ’n oord in Villieria getrakteer by die Tea with Friends-byeenkoms met ’n inligtingsessie.
Die gewilde byeenkoms word gereeld vir die inwoners van Villieria Care Village in die Moot aangebied.
Die doel van die byeenkoms is om interne sake te bespreek, om nuwelinge te verwelkom en lekker saam te kuier.
Mercy Jousten, bestuurder van die oord, reël hierdie byeenkomste sodat inwoners positief met verskeie sprekers kan omgaan.
Jousten het die inwoners herinner van die “buddy stelsel” – om in te check met mekaar elke dag en noodnommers agter op hul deure in noodgevalle te gebruik.

Sy sal ook met die metro reël om die inwoners se groen ID-boekies met ID-kaarte te vervang.
Gassprekers het die inwoners kom toespreek oor sake wat hul daaglikse lewens raak.
Ellen Nthite van Crisis-on-Call het kom praat oor noodnommers en ’n armband met ’n knoppie wat mens kan druk in ’n noodgeval. Sy het uitgebrei oor die verskillende funksies van die armband, hul planne en voordele aan hul kliënte.

Schalk de Bruyn het die belangrikheid van die opstel en bywerking van ’n geldelike testament beklemtoon. Hy het oor eksekuteurs, en die opstelprosedure uitgewei en die probleem van die intestaat boedel verduidelik. Dis wanneer iemand sonder ’n testament sterf.
Geoff van Impilo het uitgewei oor begrafnispolisse.
Na afloop van die sessie het almal ’n tee of koffie lafenis geniet en gesmul aan lekkernye en ’n allegaartjie-bord wat deur Kobus Odendaal van Valhalla Apteek geborg is.

Byskrif: Die allegaartjie-bord is deur Kobus Odendaal van Valhalla Apteek geborg.
Beskrywing: Die allegaartjie-bord en ander lekkernye
Die inwoners sê hulle geniet en waardeer hierdie aanbiedings terdeë, en sien uit na die volgende een.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.




