News

Help Rekord om Wollies se diere in nood te help

Wollies, ’n pro-lewe diereskuiling in Pretoria-Noord, versorg daagliks meer as ’n 1 000 diere. Rekord beplan ’n uitreik-aksie op 8 Augustus en vra die gemeenskap om kos of skenkings voor 6 Augustus by Orpenlaan 32, Brummeria, af te lewer.

Wollies, ’n welbekende diereskuiling in Pretoria-Noord, is deur Rekord se verkoopspan gekies as die fokus van hul uitreik-aksie vir Augustus en doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak en ’n verskil te maak.

Verkoopsbestuurder Sajedeha Ameer sê die besluit om Wollies te ondersteun is geneem nadat die groot nood by die skuiling onder die aandag van die span gekom het.

Onder leiding van Cilla Trexler versorg Wollies daagliks meer as 700 honde en 300 katte op hul perseel in Hesteapark.

Hondeliefhebbers maak gereeld gebruik van dae waarop vrywilligers handjie bysit by Wollies met die stap van honde.

Hierdie pro-lewe skuiling vier vanjaar hul 12de bestaansjaar en het dit ten doel om alle diere, ongeag hul agtergrond, met liefde en sorg te behandel.

“Dit is nie altyd maklik nie, maar ons het soveel gewillige vriende wat sal toetree, dat ’n mens telkens moed skep,” sê Trexler.

Onlangs moes die skuiling vir meer as tien dae sonder water klaarkom weens ’n fout aan die metro se kant.

Met tussentrede van raadslid Rina Marx is die probleem danksy haar spoedige optrede opgelos, iets waarvoor die Wollies-span uiters dankbaar is.

Rekord se verkoopspan gaan op 8 Augustus besoek aflê by Wollies en wil graag kos saamneem vir die diere: beide blikkies- en droë kos vir honde en katte.

Skakel in deur ’n skenking van kos af te lewer teen 6 Augustus in die voorportaal van Rekord in Orpenlaan 32, Brummeria.

Cilla Trexler, eienaar Wollies. Foto: Elize Parker

Wollies se wenslys sluit ook in:

– Boumateriaal vir nuwe en bestaande hokke
– Finansiële bydraes vir water- en elektrisiteitsrekeninge
– Tweedehandse hondehokke in ’n goeie toestand

Laai gerushierdie boubenodighede en hondehokke by die skuiling by 101 Rooikatstraat in Pretoria-Noord af.

Vir meer inligting, kontak Sajedah Ameer by sajedaha@rekord.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button