Local newsNews

Geliefde juffrou van Hoërskool Montana sterf

‘n Geliefde juffrou van Hoërskool Montana, Pauline Dewet is Dinsdag skielik oorlede na ‘n blindederm operasie.

Juffrou Pauline Dewet  juffrou was een van die mees spesiaalste juffrouens ooit, grootste omgee hart en het n groot verskil in ons almal se lewe gemaak. Ons harte gaan uit na juffrou se gesin toe en dra almal op in ons gebede.”

So word die geliefde Pauline Dewet van die Hoërskool Montana onthou in huldeblyke op sosiale media.

Pauline is Dinsdag oorlede op haar verjaarsdag. Sy het glo septisisme opgedoen na ‘n blindederm operasie.

Volgens ‘n betroubare bron het sy Lupus gehad.

Die nuus van haar skielike afsterwe is Dinsdag op die skool se Facebook-blad gedeel met die volgende boodskap:

“Die Monties se harte is oorweldig met die verlies van ons geliefde juffrou Pauline de Wet – Departementshoof Engels.

“Sy was ’n besonderse mens en opvoeder — iemand wat presies geweet het hoe om mense te hanteer: streng wanneer nodig, maar altyd met liefde, wysheid en opregte omgee. Sy was diep

gerespekteer en baie geliefd onder kollegas én leerders, en haar invloed sal nog lank in ons gange en klaskamers weerklink. Monties sal haar onthou vir haar wyse raad aan die leerders:

“Make wise choices”.

“Derek, Megan, Donovan, haar ouers en familie, ons dink besonder aan julle in hierdie tyd en bid dat julle die Here se teenwoordigheid, Sy vertroosting en uiteindelik Sy vrede sal ervaar.

“As Hoërskool Montana-gemeenskap rou ons saam en eer ons ’n vrou wat met passie gedien het en ’n blywende spoor in baie harte agterlaat.”

Donderdag het die leerlinge Pauline geeër deur papiertjies met haar woorde: “Make wise choices” op hulle baadjies te dra.

“Vandag dra ons leerders hierdie woorde naby hul harte – as herinnering en eer aan ’n onderwyser wat nie net kennis oorgedra het nie, maar lewens geraak het. Sy het dalk nie altyd besef hoe diep haar invloed strek nie, maar sy los ’n nalatenskap van wysheid, omgee en inspirasie.”

Die begrafnisreelings is nog nie bekend gemaak nie.

Lees ook: Eersterust-jeug slaan eersdaags munt uit bewaringsman se drome

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok en WhatsApp Channel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button