Het maak haar verhoogbuiging
’n Bekende storie kry nuwe lewe op die verhoog waar ’n jong, energieke rolverdeling hul merk gemaak het ten spyte van tegniese haakplekke. Met ’n uitgebreide verwerking deur Leon van Nierop en vars diepte in geliefde karakters, bied dié produksie ’n nostalgiese maar langer reis –tog staan Nikita Meyer sterk in die naamrol en help

Het van Verlangekraal het verlede week sy verhoogbuiging gemaak by die Fairtree Atterbury teater.
Dit was nou wel nie sonder ’n paar tegniese uitdagings nie – tog het die akteurs hul staal gewys, hoewel dit nogal ’n jong klompie bymekaar was.
Die storie van Het was sekerlik aan die gehoor bekend, aangesien dit al in 1958 geskryf is deur Johan Bakker. Maar vanjaar se Het is uitgebrei en karakters meer volheid gegee deur die nimlike Leon van Nierop wat ook die draaiboek vir die TV-reeks waarvoor Sally Campher ’n Artes-toekenning ontvang het, en die onlangse roman met dieselfde naam geskryf het.
Die gevolglike verlengings het beteken dat die stuk baie langer is as wat mens te wagte is, en nie noodwendig die gehoor se konsentrasie behou het nie.
’n Ywerige Nikita Meyer, boorling van Pretoria, was te sien in die naamrol. Sy het haar plek kaalvoet volgestaan en saam met die res van die geselskap die storie weer opnuut staanplek gegee.
Die ander spelers was Henco J as Doep du Plessis en Ana van Achterberg as Mart du Plessis, sy vrou. Die skoolhoof Mnr. Erlank is gestalte gegee deur Etienne du Plessis en die jonge Doorsie Duvenhage is vertolk deur Ulrich Slabbert. Zanje Bodenstein het die rol van Mathilda van Eck vertolk.
Die regisseur is Frans Swart en is vervaardig deur Lefra Produksies.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok en WhatsApp Channel
