Local news

Duisende besoekers span uit by Voortrekkermonument se Antiekmark

Dit was die derde mark wat vanjaar by die monument aangebied is en volgens die uitstallers bly die VTM se Antiekmark seker een van dié bestes in die land.

Die Voortrekkermonument (VTM) het Vrouedag, wat op Dinsdag, 9 Augustus gehou is, in styl gevier met ’n opwindende Antiekmark by die monument se Amfiteater.
Op hierdie dag vier Suid-Afrikaners “vrouwees” en by die VTM was dié dag ook ’n perfekte geleentheid vir ’n lekker bederfdag.

Dit was die derde mark wat vanjaar by die monument aangebied is en volgens die uitstallers bly die VTM se Antiekmark seker een van dié bestes in die land.

Jan van Oosten, wat al vir die afgelope 16 jaar lank hier by die VTM uitstal, sê dat dit vir hom ’n riem onder die hart is om te sien hoe dié fees keer op keer net groter en beter word.

“Ek stal al vir jare by dié mark uit en ek kom elke keer terug, want dit is vir my werklik die beste antiekmark in die land,” sê hy.

Susan Hansen voeg by dat sy na al die jare by die monument se Antiekmark dit steeds geniet om te sien hoeveel families dié dag saam geniet.

“Hierdie mark is regtig een van die bestes in ons land, veral om te sien hoeveel families dit saam geniet en hoeveel mense nog waarde heg aan oudhede en antiekware doen mens se hart goed.

Nerissa, Arend, Luca en Nicoly Brink. Foto: Verskaf

“Antiekware het nie vir almal waarde nie, maar dié wat wel ’n liefde daarvoor het, verstaan die verhale wat dit vertel en heg ook baie sentimentele waarde daaraan. Die ware behels iets nostalgies wat ’n mens altyd wil koester vir die nageslag,” vertel sy.

Raadslid en burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese ontwikkeling in Tshwane, André le Roux het óók ’n draai by die Antiekmark kom maak. Le Roux sê dat hierdie mark baie waardevol vir ’n stad soos Pretoria en vir sy mense is.

“Markte soos hierdie is ’n baie belangrike element vir die mikro-ekonomie van die stad en dit stimuleer die stad en sy toerisme.”

“Wanneer jy by die Voortrekkermonument aankom om ’n dag by die Antiekmark deur te bring, kan jy maar weet dat dit ’n onvergeetlike kos-, kultuur- en familiefees gaan wees.”

Die monument hou op Saterdag, 24 September weer ’n mark om Erfenisdag te vier met die volgende Antiekmark.

Jan van Oosten. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button