Local news

Plant ‘n boom en skep hoop

AfriForum se Wes-Moot-tak plant vier bome by HTS as deel van hul boomplantmaandprojek.

AfriForum se Wes-Moot-tak het Woensdag vier bome by die Hoër Tegniese Skool Pretoria Tuine geplant.

Hierdie vorm deel van dié burgerregteorganisasie se boomplantmaandprojek.

Daar is besluit om twee Henkel-se-geelhoutbome, ’n outeniekwageelhout en een soetdoringboom te plant aangesien hierdie bome inheemse bome en immergroen is.

Dié bome sal ook in die toekoms vir ruim skaduwee sorg.

“Om ’n boom te plant, bewys dat ’n mens in die toekoms glo.

“Al gaan jy dalk nie self die vreugde van die boom geniet nie, glo jy dat jou nageslag wel sal.

“Soos die Chinese spreekwoord lui: Een generasie plant die bome, en ’n ander kry die skaduwee.

“Ek wil graag mense aanmoedig om dwarsdeur die jaar bome te plant om sodoende hoop vir die toekoms te help skep,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord.

LEES: Voortrekkermonument wil pret terugsit in geskiedenis

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button