Local news

Innibos is amper hier! Bring jou familie en kom geniet die fees

Innibos Buitelug Familiefees sal op Vrydag, 30 September en Saterdag, 1 Oktober 2022 by Kwanyoni Lodge net buitekant Mbombela plaasvind.

Innibos Buitelug Familiefees het vanjaar iets vir almal, want dit gaan Kwanyoni Lodge aan die einde van September tref.

Die musiek- en kunstefees beloof om ’n fantastiese tyd vir die hele gesin te wees, met handevol aktiwiteite en besienswaardighede.

Daar sal op albei dae van die fees ’n lewendige musiekverhoog wees.

Op Vrydag (30 September) kan jy Duo, Jan Jan Jan, Boerboel Wear se eie “boere boyband”, Reën, Bernice West, en Rich Nel vind.

Berboel wear se eie “Boere Boyband”, Jan Jan Jan. Image: supplied
Bernice West. Image: supplied
Ricus Nel. Image: supplied

Saterdag (1 Oktober) kan jy vir Coenie Naudé, die aansteeklik Droomsindroom, Refentse, Irene-Louise van Wyk (al die pad van Pretoria-Oos), Snotkop, en Soul Taxi gaan kyk.

Irene-Louise van Wyk. Image: supplied
Snotkop. Image: supplied
Refentse. Image: supplied

Daar is meer as net musiek om te geniet by vanjaar se buitelugfees. Nitali Re-Invented Décor gaan ’n demonstrasie hou om jou te wys hoe jy jou ou goed kan DIY, met Tjoko Paint. Daar sal boogskiet en teikenskiet en selfs ’n wonderlike bestuur-uitdaging wees. Jy kan ook jou gunsteling kykNET-akteurs ontmoet.

Saterdag kan jy deur die stalletjies kom rondsnuffel en allerhande wonderlike dinge sien: van wors maak tot visvang en koekversiering. Dit is ook wanneer jy die Boerboel Bene-kompetisie van nader kan kom beskou, terwyl die manne met die beste baarde kan kom uithaal en wys. Mans en vroue kan vir die kompetisie inskryf, die vroue hopelik nie vir die baardkompetisie nie! Vir die kinders is daar ’n spesiale area met ’n program asook ponieritte en visvang.

(Blou)Willem Theron. Image: supplied

Die fees is deel van ’n wyer program wat ook teaterproduksies, boeke en boekbesprekings, handgemaakte handwerk, ’n filmfees, en selfs ’n gholfdag insluit. Hierdie is oor die jaar versprei.

Kaartjies vir die Innibos Buitelug Familiefees kos R100 vir Vrydag en R150 vir Saterdag. Pensioenarisse betaal slegs R50 en toegang is gratis vir kinders in die laerskool of jonger. Kindervermaak sal beskikbaar wees met skattejagte met prettige legkaartleidrade en baie pryse om te wen.

LEES: Real Housewives van Pretoria deelnemers bekendgestel

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button