Local news

AfriForum hou Moot-spruit in stand

Dié tak het veral gefokus op die Moot se spruit wat al vir jare die bron van frustrasie is vir mense in die omgewing met onwettige stortings en wegkruipplek vir misdadigers.

AfriForum se Groter-Moot tak het bewys hulle skroom nie weg vir ’n uitdaging nie.

Hulle onvermoeide pogings om die omgewing skoon te hou, is inspirasie vir vele inwoners.

Dié tak het veral gefokus op die Moot se spruit wat al vir jare ’n bron van frustrasie is vir mense in die omgewing.

Die spruit is ’n natuurbewaringsgebied en dus van kardinale belang.

In die Moot, loop die spruit deur Kilnerpark en Jan Niemandpark.

Inwoners is ook bekommerd dat die spruit as wegkruipplek dien vir misdadigers en boemelaars.

Foto: Verskaf

Onwettige stortings in die spruit is ook iets wat inwoners baie begin pla.

AfriForum het twee maande gelede die suidekant skoongemaak en het Saterdag die noordekant aangepak.

Inwoners wat saam met AfriForum gewerk het, het die geleentheid gebruik om gholf te speel in die nuut-skoongemaakte spruit.

Die skoonmaak van die spruit vorm deel van AfriForum se nuwe straatprojek.

Die leuse van die projek is “die straat behoort aan jou!” en hulle moedig inwoners aan om betrokke te raak om hulle omgewings skoon te hou en die natuur die bewaar.

Hulle het ook ’n paar wenke voorgestel van hoe inwoners die omgewing rondom hulle in stand kan hou: byvoorbeeld skep en vee die grond uit wat versamel tussen die randsteen en die teer op die pad voor jou huis; die grond vernietig die pad. Krake vorm en water kom onder die pad in.

Inwoners het gholf gespeel in die skoongemaakte spruit.

Die burgerregteorganisasie is ook toegewyd aan hul boomplantmaandprojek wat vroeër die maand afgeskop het.

Op 7 September het hulle twee Henkel-se-geelhoutbome, ’n Outeniekwa-geelhout en een soetdoringboom by Hoër Tegniese Skool Pretoria-Tuine geplant.

“Om ’n boom te plant, bewys dat ’n mens in die toekoms glo.

“Al gaan jy dalk nie self die vreugde van die boom geniet nie, glo jy dat jou nageslag wel sal.

“Soos die Chinese spreekwoord lui: Een generasie plant die bome, en ’n ander kry die skaduwee.

“Ek wil graag mense aanmoedig om dwarsdeur die jaar bome te plant om sodoende hoop vir die toekoms te help skep,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord.

Om deel te word van AfriForum se boomplant- of straatprojekte, skakel 086 102 0030 of stuur ’n e-pos na navrae@afriforum.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button