Mans reis 1 400km om die Voortrekkermonument te besoek
Rudolf Visagie, Christo en Armin Oberholster het die avontuur vanaf Windhoek in Namibië aangepak.
Motorfiets-entoesiaste en geskiedenisliefhebbers, Rudolf Visagie, Christo en Armin Oberholster, het 1 400km op hul ysterperde afgelê om die Voortrekkermonument te kom besoek.
Die drie mans het die avontuur vanaf Windhoek in Namibië aangepak.
Gedryf deur hul gevoel van avontuur, reis dié drie elke jaar deur Suid-Afrika op soek na nuwe besienswaardighede en geluide. Vanjaar is die eindbestemming Hazyview.
“Ek was nog nooit hier nie en dit was nog altyd op my moet-doen-lysie,” vertel Visagie wat vir die eerste keer in sy lewe dié bekende monument besoek.
Hulle het besluit om die monument te besoek nadat hulle gehoor het van die suksesvolle Geloftedagvieringe in Desember verlede jaar.
“Mens moet ten minste een keer per jaar so iets doen,” sê Visagie.
“Ons was in die verlede in die Kaap en wou hierdie jaar kom kyk wat die Hazyview-area inhou.”
Armin Oberholster het die pad saam met sy pa aangedurf.
Hy het al tevore die monument gesien en wou al vir lank dit weer besigtig.
Hierdie reisgeselskap kon nie uitgepraat raak oor hul besoek nie. Hulle was veral baie beïndruk met die toestand van die terrein en die goeie uitstallings.
“Dit is net weereens ’n bewys dat die Voortrekkermonument ’n baken van hoop is, nie net vir Suid-Afrikaners nie, maar vir elke Afrikaner van regoor die wêreld,’ lui ’n Facebook-plasing deur die Voortrekkermonument.
Dit is nie die eerste keer dat mense só ’n inspirerende reis aanpak om die monument te sien nie.
Verlede jaar het Stan Potgieter (65) 2 500km gereis.
’n Veteraan van die Grensoorlog, is Potgieter op ’n elektries-ondersteunde trapdriewiel voort.

Foto: verskaf
Hy het op 21 Mei 2022 sy reis by die Muur van Herinnering na gesneuwelde soldate by die Voortrekkermonument begin, na die toneel van die in Ondangwa waar sy eenheid in die oorlog in ’n lokval gelei is.
Sy reis was een van genesing van die trauma wat hy beleef het tydens die oorlog.
Hy het ook die geleentheid gebruik om fondse in te samel vir mense en families wat aan PTSD lei.
“Ons moet ons solidariteit toon met diegene wat geveg het, gely en gesterf het vir ’n beter lewe vir ons almal,” sê Potgieter.
“Ongeag aan wie se kant hulle was, het hierdie mans en vroue die oproep beantwoord om te verdedig wat hulle op daardie tydstip dierbaar was.
“Slagoffers een en almal. Hulpelose pionne in politici se speletjies.
“Hulle verdien ons dank, liefde, hulp en ondersteuning.
“Net soos polisie, paramedici of gesondheidswerkers wat byna daagliks met traumatiese gebeure te doen kry,” sluit hy af.
LEES MEER: Planned march to Union Buildings over electricity tariff hike
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
