Local news

Nuwe bakkie om Groter-Moot te beveilig

Die bakkie sal gebruik word om Moot-inwoners veilig te hou.

AfriForum se Groter Moot-tak het verlede week ’n splinternuwe bakkie ontvang om hulle gemeenskap veilig te hou.

Andries Opperman, buurtbeampte vir AfriForum Groter-Moot, sê die bakkie sal gebruik word vir die werk van die buurtspanne.

Die buurtspanne is aangestel om munisipale probleme aan te pak in die Moot-gebied.

“Die buurtwag sal ook die bakkie gebruik om die Moot-gemeenskap veilig te hou,” sê Opperman.

“Ons wil baie graag al die AfriForum-lede in die Moot, wat hierdie voertuig befonds het, bedank.

“Ons wil ook graag vir AfriForum-hoofkantoor bedank wat die tak help met die finansiering van die voertuig.”

Opperman verduidelik dat die bakkie nog ’n stap nader is aan hulle aspirasie om ’n dorpsraad in die Moot te vestig.

“Hierdie is nog ’n stap nader om ons droom te verwesenlik om ’n gemeenskapsgebasseerde dorpsraad te vestig in die Moot wat omsien na die inwoners se munisipale behoeftes en veiligheid.

“Hoe meer die staat verval, hoe meer sal die gemeenskap self verantwoordelikheid neem om hulle eie sake te bestuur,” sê hy.

“Ons nooi graag almal wat in die Moot woon of besigheid doen, om met ons hande te vat.

Om betrokke te raak, gaan na Telegram en voltooi ’n kort verifikasie by @AfriForumBuurtBot of stuur ’n e-pos na grotermoot@afriforumtak.co.za.

“Moot-inwoners kan ook die BuurtBot gebruik om munisipale probleme onder ons aandag te bring, of om misdaad aan te meld.

“Dié program is ’n bestuurstelsel waarvolgens ons met die druk van ’n knoppie inligting kan kry oor probleme soos slaggate of uitdagings soos misdaadknelpunte.”

Die buurtspanne is reeds besig om die area in stand te hou.

Hulle is daagliks sigbaar besig om parke skoon te hou, strate oor te verf om die Moot ’n beter plek maak om in te woon.

“Inwoners help ons baie deur byvoorbeeld misdaad hier aan te meld, wat dan vir ons knelpunte identifiseer waar die AfriForum Groter Moot-buurtwag dan kan sigbaarheidspatrollies handhaaf,” sluit Opperman af.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button