Kilnerpark Sekuriteit se hande vol met misdaad
KPS sê daar is ’n kommerwekkende toename in misdaad in die Moot.

Kilnerpark Sekuriteit het ’n besige week en naweek agter die rug met inwoners wat verskeie misdade by hulle aangemeld het.
Die volgende misdaadgevalle is by die sekuriteitsmaatskappy aangemeld:
– Inbraak: 4 gevalle
– Gewapende roof: 2 gevalle
– Voertuigdiefstal: 3 gevalle
– Diefstal uit voertuig: 1 geval
– Poging tot voertuigdiefstal: 3 gevalle
– Diefstal: 4 gevalle
KPS het op paniekseine by ’n besigheid in Colbyn omgewing gereageer.
Ongeveer vier verdagtes het die besigheid geroof en drie van die verdagtes is vasgetrek.
Gesteelde goedere is teruggekry en ’n nagemaakte vuurwapen is op beslag gelê.
Ancelize van der Klooi van KPS se die toename in misdaad is kommerwekkend.
“Ons sien ’n groot toename in geweld in die Moot, veral geweldsmisdaad en gewapende roof in die laaste ses maande.
“Petrolstasies en sonpaneelwinkels word ook geteiken.”
Statistieke van die Villieria- and Eersterust-polisiestasies toon ’n kommerwekende beeld, met toename in geweldsmisdaad van Oktober to Desember 2022.
Polisieminster Bheki Cele het die GPFs en privaat sekuriteitsmaatskappye gevra om saam met die polisie te werk om misdaad te stop.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
