Local news

Monument lok besoekers regoor die wêreld op Internasionale Museumdag

Deur die loop van die dag het die monument ook toeriste uit Nederland en Vlaandere ontvang.

Op Donderdag het dit behoorlik gegons by die Voortrekkermonument (VTM) toe byna 100 toeriste die terrein op Internasionale Museumdag besoek het.

Ter herdenking van Hemelvaartdag, is die besoekers elk ’n blom gegee om op die senotaaf neer te lê.

Hierdie gebaar is om die Christelike agtergrond van die Voortrekkers, veral ook met Geloftedag, te eer.

Hemelvaartdag en Internasionale Museumdag is twee belangrike dae wat Donderdag by die monument gevier was.

Godfrey Zakhe, kliëntediensbeampte by die VTM, het die toergroepe op die trappe ingewag met die blomme.

Die eerste toergroep wat die Voortrekkermonument besoek het, is van Australië afkomstig.

Deur die loop van die dag het die monument ook toeriste uit Nederland en Vlaandere ontvang.

Een van die besoekers het gesê: “Dit was vir my ongelooflik om meer te leer oor Suid-Afrika se geskiedenis.

“Die toer was baie insiggewend.”

STAND EN UITLEG VAN DIE MONUMENT BEÏNDRUK TOERGROEPE

Toeriste was ook baie beïndruk met die stand en uitleg van die monument en die terrein.

Die toeriste van Vlaandere en Nederland het spesifiek uitgelig dat Suid-Afrika se natuurskoon hul aangemoedig het om die land te besoek.

Voortrekkermonument het via ’n persverklaring hul dankbaarheid om na die Covid-19-pandemie weer internasionale besoekers te ontvang, te kenne gegee.

Die doel van Internasionale Museumdag is om bewustheid te kweek oor die belangrikheid van museums.

Die dag beklemtoon die feit dat museums ’n belangrike manier is van kulturele uitruiling, verryking van kulture en ontwikkeling van wedersydse begrip, samewerking en vrede tussen mense.”

Georganiseer op 18 Mei elke jaar of rondom hierdie datum, kan die gebeure en aktiwiteite wat beplan word om die dag te vier.

Internasionale Museumdag is 40 jaar gelede vir die eerste keer gevier.

Regoor die wêreld neem al hoe meer museums deel aan Internasionale Museumdag.

Verlede jaar het meer as 37 000 museums in ongeveer 158 lande en gebiede aan die geleentheid deelgeneem, volgens die Internasionale Raad van Museums.

LEES MEER:Hammanskraal cholera outbreak: Zero cholera detected in piped city water supply

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button