AfriForum waarsku inwoners oor toename in misdaad in Moot
Buurtbeampte Andries Opperman verduidelik dat die gemeenskap se veiligheid baie belangrik is vir hulle.
AfriForum Groter Moot het Moot-inwoners gewaarsku oor ’n toename in motorhekdiefstal en ander misdaad soos huisinbrake, veral naby die Waverley Reservoir in Breyerlaan.
Buurtbeampte Andries Opperman verduidelik dat die gemeenskap se veiligheid baie belangrik vir hulle is.
“As gevolg van hierdie teisterende inbrake het AfriForum Groter Moot juis ons buurtspan al drie keer gestuur om die stadsraad se grond rondom die reservoir skoon te maak.
“Die skelms gebruik dit as wegkruipplek om die huise dop te hou en ook om toegang tot die huise te kry.”
Opperman verduidelik verder dat hulle meer inwoners wil deel maak van hulle span.
Die buurtwag help almal baie graag, maar in besonder ook inwoners wat bereid is om self betrokke te raak.
Daarom het daar dadelik drie buurtwaglede reageer toe die hulpversoek deurkom en die reservoir is saam met die inwoners deurkam.
“Daarna is die berggebied agter die huise deursoek en daar is seker gemaak om die inbrekers te verwilder.
Volgens Opperman was een inwoner se reaksie: “Ten minste kan ons nou een aand rustig slaap”.
Hy het Kilnerpark en ADT bedank wat ook gereageer het.
Villieria-polisie het die volgende veiligheidswenke verskaf:
KAPINGS:
– Moenie rylopers optel nie, veral as jy alleen ry.
– Vermy afleidings soos om op jou foon te wees, of te drink en bestuur, ens.
– Verhoog versigtigheid by kruisings en wees altyd op die uitkyk vir mense wat om jou motor ronddwaal of vir enige skielike aktiwiteit rondom jou motor.
HUISROOFTOGTE:
– Wees altyd op die uitkyk vir verdagte persone en voertuie.
– Verhoog sekuriteit deur toegangsdeure met veiligheidshekke te pas en diefwering op vensters te installeer.
– Versoek bure om ’n ogie te hou wanneer jy vir ’n lang tydperk weggaan.
– Moenie hekke en deure vir vreemdelinge oopmaak nie.
– Verifieer die besonderhede van enigiemand voordat jy hulle in diens neem en kontroleer die egtheid van ’n kontrakteur voordat jy toegang tot die perseel toelaat.
BESIGHEIDSROOFTOGTE:
– Moenie te veel geld op die besigheidsperseel hou nie.
– Wees op die uitkyk vir verdagte kliënte.
[KYK]: https://www.facebook.com/1452610068/videos/pcb.2217141308486252/284403753971844
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
